Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Burgemeester van Midvaal, man vas ná bakleiery
Bongani BaloyiFoto: Deon Raath

Bongani Baloyi, burgemeester van die Midvaal- plaaslike owerheid in Gauteng, en nog ’n man wat glo lid is van die ANC, is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle mekaar aangerand het.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, sê huolle het mekaar in Savannah City, suid van Johannesburg, aangerand.

Dit was die bekendstelling van Boomplantdag.

Baloyi is na die De Deur-polisiekantoor waar hy ’n klag van aanranding ingedien het.

“Die persoon teen wie hy die klag ingedien het, het dieselfde gedoen. Die polisie het toe albei in hegtenis geneem,” sê Dlamini.

Teen 16:30 was die twee in die hof om aansoek te doen om borgtog en hulle is albei op borgtog van R500 elk vrygelaat.

News24 berig die ANC ontken dat die ander man ’n ingeskrewe lid van die ANC is.

Die DA het sy skok oor die voorval uitgespreek.

Solly Msimanga, burgemeester in Tshwane, sê Baloyi is fisiek aangeval deur ANC-lede in wyk 11, Savannah City, tydens die munisipaliteit se bekendstelling van Boomplantdag.

“Die geleentheid het rustig begin, maar toe die burgemeester op die podium klim om te praat, het ANC-lede probeer om die mikrofoon van hom weg te neem. Hulle het die burgemeester rondgestoot en hom met ’n klip getref,” sê Msimanga.

Hy sê dit is totaal onaanvaarbaar omdat ’n aanval op die burgemeester ’n aanval op die inwoners in Midvaal is. “Dit is ook ’n aanval op die demokrasie.”

Die ANC het desperaat geraak en sy lede is besig met ondermynende gedrag in ’n poging om die mag te behou, sê Msimanga.

Hy sê hulle sal nie toelaat dat die ANC dienslewering

aan die mense van Midvaal ontwrig nie.

“Die DA is daartoe verbind om voort te gaan met die lewering van gehalte-diens en om deursigtig en aanspreeklik te wees vir die inwoners van Midvaal.”

Twee munisipale amptenare is ook aangeval nadat die hoofverdagte in die saak hulle aangesê het om inkriminerende beeldmateriaal op hul kameras te vernietig. Albei amptenare het  behandeling ontvang nadat die een amptenaar 'n paniekaanval gekry het weens die aanranding, het die Midvaal-munisipaliteit in 'n verklaring gesê.

Meer oor:  Midvaal  |  In Hegtenis Geneem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.