Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Burgemeester: VF+ se aantygings lagwekkend

Bongani Baloyi, uitvoerende burgemeester van die Midvaal-munisipaliteit, reageer in ’n brief op die VF Plus se aantyging dat die spesiale ondersoekeenheid die verkoop van poste in dié munisipaliteit reeds in 2011 as ’n probleem bestempel het. Hy maak die aantyging dat die DA van die fluitjieblasers in Midvaal ontslae geraak het as lagwekkend af.

Bongani Baloyi

Die berig “SOE maan lankal oor korrupsie” is op 13 Maart op die voorblad van Metro-Beeld-Suid gepubliseer. Dit bevat die menings van Kobus Hoffman, ’n VF Plus-raadslid in die Sedibeng-distriksmunisipaliteit.

As uitvoerende burgemeester van die Midvaal-plaaslike munisipaliteit het ek kennis geneem van sekere valse aantygings deur die raadslid.

Hy beweer die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het in 2011 in opdrag van oudpres. Jacob Zuma ondersoek na die Midvaal-munisipaliteit ingestel. In die verslag beskryf die SOE glo die verkoop van poste en beklemtoon dit as ’n groot probleem.

Ek is nie bewus van die inhoud van die SOE-bevindings nie, want so ’n verslag is nooit na die Midvaal-munisipaliteit gestuur nie. Die verslag is by die presidentskantoor ingedien en enig­iemand wat beweer hulle het die verslag gesien, vertel leuens.

Indien enigiemand dit gesien het, moet hulle die verslag as bewyse indien.

As die verslag wel bewyse van misdaad bevat, waarom het die polisie nog nooit enige stappe teen enigiemand in die munisipaliteit gedoen nie?

Hoffman beweer ook die DA het ontslae geraak van al die fluitjieblasers wat beweer het die munisipale amptenare verkoop poste. Sulke aantygings is lagwekkend en ’n poging om ’n ander party sonder bewyse te diskrediteer.

My administrasie is ernstig oor die hantering van die aantygings wat onder my aandag gebring is.

Die blote feit dat ek vroeër vanjaar ’n ondersoek na my eie munisipaliteit ingestel het nadat lede van die publiek beweer het daar is moontlike onreëlmatighede in die munisipale werwingsproses, bewys die munisipaliteit neem die fluitjieblasers ernstig op.

Die munisipale raad het met dringendheid en omsigtigheid opgetree om te verseker dat die regte proses gevolg word om ’n senior amptenaar te skors en ’n onafhanklike ondersoeker aan te stel om die ernstige aantygings te ondersoek.

Ek het terselfdertyd ’n ge-ïmpliseerde openbare ampsdraer geskors en die beweringe na die raad se etiekkomitee verwys, juis om regverdig- heid en verantwoordbaarheid te verseker.

Meer oor:  Bongani Baloyi  |  Vf+  |  Politiek  |  Munisipaliteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.