Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Buthelezi dankbaar op 90

Mangosuthu Buthelezi, oudleier van die Inkatha-Vryheidsparty en ’n Zoeloe-prins, het Sondag sy 90ste verjaardag by die Exhibition-sentrum in Durban gevier.

Mangosuthu Buthelezi Foto: Lerato Maduna
Priesters bid vir Mangosuthu Buthelezi by die verjaarsdagvierings wat Sondag vir hom in Durban gehou is. Foto: Daily Sun

Buthelezi het by die vierings gesê hy het ’n geseënde lewe en vele uitdagings oorleef – ook pogings om hom om die lewe te bring.

“Ek het ’n oorwinnaar geword.”

Hy het sy langslewendheid aan God en sy familie opgedra. “My hart is gevul met dankbaarheid. Ek is oorweldig deur die getal familielede en ondersteuners wat my omring.”

Buthelezi het sy ouderdom as ’n bonus bestempel en gesê hy leef langer as normaal. Hy het ook gesê God het hom geleer hoe om “sy mense te regeer”.

Sy vrou, prinses Irene, kon weens swak gesondheid nie die geleentheid bywoon nie.

Die Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini het op die geleentheid gesê Buthelezi is ’n standvastige leier.

“Jy is ’n mens wat geseën is met die lewe en jare. Jy is soos ’n ou wyn wat net beter word met die jare en is ’n fontein van wysheid waarvan almal kan drink. Jy het ons moed gegee in ’n tyd van ongelooflike uitdagings.”

Meer oor:  Zoeloe  |  Mangosuthu Buthelezi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.