Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Byna R4 mjd. se skade weens onluste in Gauteng

Die voorlopige skatting is dat Gauteng sowat R3,5 miljard se skade weens die onlangse onluste in die provinsie gely het.

Dié bedrag is Vrydag deur David Makhura, premier van Gauteng, op ’n mediakonferensie in Johannesburg bekend gemaak.

Grootskaalse onluste het in Gauteng en KwaZulu-Natal uitgebreek kort nadat oudpres. Jacob Zuma op 7 Julie by sy Nkandla-woning in hegtenis geneem is. Winkels is geplunder, geboue afgebrand en paaie versper.

Makhura sê die grootste deel van die geskatte bedrag is weens skade aan infrastruktuur en goedere wat geplunder is.

“Die bedrag sluit egter nie die skade aan onversekerde ondernemings in die landelike gebiede in nie,” sê hy.

Daar is geen fabrieke in Gauteng geplunder nie.

“Daar is wel minstens 30 winkelsentrums aangeval,” sê Makhura.

Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

SOWETO, SOUTH AFRICA - JULY 18: Alexandra township
Inwoners help op 18 Julie skoonmaak nadat daar by die Pan Africa-winkelsentrum in Soweto geplunder is. Foto: Gallo Images

Meer oor:  Plundery En Geweld  |  Skade  |  Infrastruktuur  |  Kzn-Herstel  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.