Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Carl Niehaus moet sê waarom ANC hom nie moet skors

Carl Niehaus, werknemer in die kantoor van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, moet dringend aan die ANC verduidelik hoekom hy nie hangende ’n tugproses geskors moet word nie.

Luidens ’n amptelike e-pos, wat Dinsdag deur Luthuli-huis uitgereik is, word Niehaus daarvan beskuldig dat hy die ANC se handleiding vir beleid en personeel oortree het.

Carl Niehaus, woordvoerder van die militêreveteranevereniging Umkhonto we Sizwe en werknemer in die kantoor van Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC. Foto: Argief

“Jy word dus versoek om binne 48 uur vanaf die ontvangs van die brief redes te verskaf waarom jy nie hangende ’n ondersoek na wanoptrede met volle betaling geskors moet word nie,” lui die brief.

Die optrede teen Niehaus spruit uit ’n onlangse persoonlike verklaring wat hy uitgereik het oor sy stryd teen Covid-19, waarin hy Jesse Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, daarvan beskuldig dat sy hom “aangeval en ondermyn” het.

In dié verklaring op 14 Januarie sê Nieuhaus, wat ook die woordvoerder van die Umkhonto we Sizwe-militêreveteranevereniging is, dat hy onlangs in die hospitaal om sy lewe geveg het.

Volgens Niehaus het hy sy siekte geheim gehou omdat daar sekeres is wat “sy siekte sou vier, en selfs sou wou gehad het dat ek doodgaan”.

Niehaus het voorts gesê hy is hartseer dat Duarte dit goed gedink het om hom “aan te val”.

“Sy het dit gedoen, wetend dat sy dit gedoen het terwyl ek ernstig siek was. Dit was onnodig en gevoelloos – ek is diep hartseer daaroor.”

In die brief van Luthuli-huis, wat onderteken is deur Febe Potgieter-Gqubule, hoofbestuurder van die ANC, word Niehaus gemaan dat hy al voorheen oor sy openbare uitlatings en plasings op sosiale media gewaarsku is.

Jy word dus versoek om binne 48 uur vanaf die ontvangs van die brief redes te verskaf waarom jy nie hangende ’n ondersoek na wanoptrede met volle betaling geskors moet word nie.

Luidens die brief is Niehaus se uitlatings onprofessioneel en onvanpas vir iemand wat in die kantoor van Magashule werk om die werk van alle strukture van die ANC te koördineer. Niehaus beklee die pos sedert 1 Maart 2019.

Magashule het reeds op 12 Oktober 2019 ’n skriftelike waarskuwing aan Niehaus oor sy uitlatings gerig.

In die brief spreek Magashule sy kommer uit dat Niehaus die indruk skep dat hy in opdrag van hom betrokke is by sekere aktiwiteite wat verdeeldheid in die ANC saai.

Volgens Magashule kan daar nie die indruk geskep word dat radikale ekonomiese transformasie deur sekere faksies voorgestaan word nie.

“Gevolglik distansieer ek my van enige aktiwiteite wat onenigheid in my naam veroorsaak,” lui die brief.

Navraag is aan Niehaus gerig en sy kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Carl Niehaus  |  Anc  |  Skorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.