Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cele ‘moes meer doen’ om polisie se staking te keer

Dit lyk asof meer as 70% van die polisiebeamptes in Philippi, Nyanga en Khayelitsha nie Maandagoggend opgedaag het vir werk nie, en of slegs een personeellid in Claremont werk toe gekom het.

So sê Alan Winde, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, in ’n verklaring.

“Ons bevestig nog die syfers,” sê Winde.

Bheki Cele, minister van polisie. Foto: Peter Abrahams

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, kon dié syfers nie betyds bevestig nie.

Netwerk24 het ook vroeër berig dat talle polisiebeamptes van Khayelitsha, Strand, Somerset-Wes, Seepunt en Lingelethu “met siekteverlof” afwesig was.

Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, het toe op ’n konferensie in Centurion gesê elkeen se siektebrief sal nagegaan word.

Lees meer hier.

Die rede vir die groot aantal afwesighede is glo ontevredenheid oor bevorderings in die polisie.

Cele sê 400 polisielede van die Wes-Kaap was Maandag nie op hul pos nie, en in KwaZulu-Natal was meer as 100 lede nie by die werk nie.

“Aangesien die Wes-Kaap reeds minder as 4 500 beamptes het, kan ons nie bekostig dat meer lede wegbly van die werk af nie,” sê Winde.

“Cele het beheer oor die polisiediens verloor.”

Winde sê volgens hul inligting het polisiebeamptes reeds ’n week gelede aangedui hulle sal nie Maandag werk nie. “Ons het Cele gemaan om iets te doen om te keer dat die staking ’n uitwerking het op die hoeveelheid misdaad wat gepleeg word, maar dit wil voorkom asof geen stappe gedoen is nie,” sê Winde.

As polisielede siek is en hulle nie by die werk aanmeld nie, moet hulle óf by die huis wees, óf in die hospitaal.
Dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria

’n WhatsApp-boodskap doen die rondte waarin beweer word dat almal wat deur die bevorderingsdilemma geraak word, Dinsdag om 09:00 by die Parade in Kaapstad bymekaar sal kom om na die parlement te stap.

Intussen het Grant Twigg, die Kaapstad-metro se burgemeesterskomiteelid vir stadsbestuur, aan Netwerk24 gesê geen kennisgewing van ’n byeenkoms in hierdie verband is ontvang nie.

“Sover ons kennis strek, sal daar nie só ’n byeenkoms plaasvind nie,” sê Twigg.

Polisiebeamptes kan volgens die Polisiewet geskors word as hulle aan onwettige stakings deelneem, sê dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies in Pretoria.

“Art. 41 van die Polisiewet bepaal dat die nasionale of provinsiale kommissaris enige beampte wat aan onwettige stakings deelneem, summier kan skors.”

Burger sê ook dit is nie standaardpraktyk dat iemand gestuur word om huisbesoek af te lê as polisielede siekteverlof neem nie.

“Dit sal soms gedoen word, maar eerder in gevalle waar die persoon dalk ’n geskiedenis van ’n reeks afwesighede het, of as daar dalk vermoed word die persoon is nie werklik siek nie.

“As polisielede siek is en hulle nie by die werk aanmeld nie, moet hulle óf by die huis wees, óf in die hospitaal,” sê Burger.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Alan Winde  |  Philippi  |  Nyanga  |  Khayelitsha  |  Staking  |  Polisiebeamptes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.