Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cele moet teen Maandag redes gee hoekom McBride moet weg

Bheki Cele, minister van polisie, moet teen Maandag redes aan die parlement verskaf oor waarom hy nie Robert McBride se termyn as uitvoerende direkteur van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) wil hernu nie.

Bheki Cele, minister van polisie.Fot: Adrian de Kock

Francois Beukman, voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, het Donderdagoggend gesê hy het Woensdagaand ’n brief aan Cele geskryf waarin hy hom versoek om teen 17:00 Maandag, 18 Februarie, sy redes aan die komitee te verskaf.

Robert McBride, hoof van Opod. Foto: Argief

Die komitee is tans gemoeid met die saak nadat die hooggeregshof in Pretoria Dinsdag ’n bevel bekragtig het dat die portefeuljekomitee onder meer die finale sê oor McBride se lot sal hê.

McBride het ’n dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien teen Cele se vroeëre besluit om nie sy kontrak as Opod-hoof te hernu nie.

Volgens McBride was Cele se besluit “ongrondwetlik, onregmatig en ongeldig”.

Sy kontrak verstryk op 28 Februarie.

*Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Parlement  |  Opod  |  Mcbride
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.