Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cele se plan met weermag ‘kortsigtig’

Gareth Newham, hoof van geregtigheid en geweldvoorkoming van die ISS, meen die weermag se ontplooiing om die polisie met misdaadbekamping in die Wes-Kaap te help is kortsigtig.

Bheki Cele, polisieminister, het Donderdag tydens sy begrotingsrede in die parlement aangekondig lede van die weermag gaan in die gebiede in Kaapstad met die hoogste moordsyfer ontplooi word.

Newham meen egter dit is nie die oplossing op lang termyn nie. “Dis bloot ’n korttermynoplossing vir ’n dieper krisis. Die ontplooiing van die weermag is ook ’n aanduiding dat die polisie nie funksioneer soos hy moet nie en nie oor die nodige vaardighede beskik nie.”

Heelwat polisielede het van 02:00 af Vrydagoggend aan ’n teenmisdaadoperasie op die Kaapse Vlakte deelgeneem, waarby die weermag nog nie betrokke was nie. Foto: Jaco Marais

Cele het ook Donderdagaand gesê die polisie se eenheid teen bendes gaan landwyd uitgebrei word en ander gespesialiseerde eenhede gaan op die been gebring word.

Newman beskryf hierdie stap as ’n “hoëprofiel krisisreaksie” op ’n ernstige krisis.

“Wat ons moet sien is polisiehervorming. Jy kan nie ’n nuwe struktuur skep wanneer die hoofstruktuur nie werk nie. Voordat ons nie die polisiediens op voetsoolvlak regmaak nie, gaan nuwe eenhede nie die probleem oplos nie,” sê Newham.

Ralph Mathekga, politieke ontleder, stem met Newman saam.

“Die weermag behoort die laaste opsie te wees. Dit is ’n duidelike aanduiding dat polisiëring op sy eie misluk het as die regering voel hy moet die diens aanvul. Jy moet met ’n permanente oplossing vorendag kom.

Die probleme in die Wes-Kaap is ook ’n welsynskwessie en nieregeringsorganisasies moet betrokke raak, sê Mathekga.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.