Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Chaos: DA stap uit nadat Zuma nie antwoord

DA-LP’s gelei deur Mmusi Maimane, partyleier, het die Nasionale Vergadering Donderdagmiddag uit frustrasie met pres. Jacob Zuma onder ’n oorverdowende geraas verlaat.

Partylede was hoogs ontsteld nadat Zuma nie die bedrag bekend wou maak wat die staat tot dusver aan die sogenaamde spioenasiebandsaak bestee het nie.

Die raadsaal het in chaos verval en DA-LP’s en ANC-LP’s het voor die uitstappery hard op mekaar geskree.

Ek weier om ’n verdere vraag te stel as die president nie ’n bedrag bekend maak wat hy aan die regskoste bestee het nie.

Maimane, wat die aanvanklike vraag gestel het en dus ook die eerste geleentheid vir ’n opvolgvraag gehad het, het gesê: “Ek weier om ’n verdere vraag te stel as die president nie ’n bedrag bekend maak wat hy aan die regskoste bestee het nie.”

Zuma het geantwoord dat hy die vraag reeds beantwoord het.

Doris Dlakude, ANC-adjunkhoofsweep, het gesê Zuma kan nie daarvan beskuldig word dat hy die vraag nie beantwoord het nie.

Maimane het in ’n stadium geskree dat Zuma tronk toe sal gaan.

Hy is ondersteun deur John Steenhuisen, DA-hoofsweep, wat ook daarop gewys het dat Zuma die vraag al 16 dae gelede ontvang het en as hy nie weet wat die antwoord is nie hy iemand in sy departement kon gevra het.

Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker, het gesê hy kan niks doen aan die gehalte van die antwoorde wat die uitvoerende gesag verskaf nie.

My vraag is eenvoudig, hoeveel geld is aan sy hofsake bestee?

Maimane het volgehou. “My vraag is eenvoudig, hoeveel geld is aan sy hofsake bestee?” het hy herhaal en op sy bank gekap.

Tsenoli het hom gemaan om kalm te bly.

“Hoeveel geld? Hoeveel geld?” het DA-LP’s uit hul banke gedreunsing terwyl hulle op hul banke gekap het.

Zuma het herhaal dat hy die vraag reeds beantwoord het.

Hoeveel geld? Hoeveel geld?

Mike Waters, die DA se adjunkhoofsweep, het ’n afskrif van die Grondwet omhoog gehou en gesê dit word ondermyn.

Zuma het weggedraai van die DA-banke en op die lêer voor hom gefokus.

Waters, wie se mikrofoon afgeskakel is, het verskeie ander mikrofone probeer om sy punt verder te stel, maar dit is telkens afgeskakel.

’n Raadop Maimane het hierna sy goed gepak en uit die raadsaal begin stap. Hy is deur DA-LP’s gevolg terwyl ANC-ondersteuners in die openbare galery hard geskree en gejuig het. Uit die ANC-banke was daar LP’s, veral Lindiwe Zulu, minister van kleinsakeontwikkeling, wat met die arms beduie het dat die DA-lede moet uitgaan.

Meer oor:  Mmusi Maimane  |  Nasionale Vergadering  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.