Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cheryl Carolus is volgende by Zondo-kommissie

Cheryl Carolus, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), getuig na verwagting Donderdag voor die Zondo-kommissie na staatskaping.

Cheryl Carolus Foto: Denvor de Wee, Argief

Adv. Paul Pretorius, hoof van die kommissie se regspan, het bevestig die voormalige ANC-adjunk-sekretaris is die volgende getuie wat voor die regterlike kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, in Johannesburg gaan verskyn.

Hy glo haar getuienis gaan net ’n dag neem. Sy gaan waarskynlik getuig oor die vlugroete tussen Suid-Afrika en Mumbai, waaroor Barbara Hogan, destyds minister van openbare ondernemings, voor die kommissie getuig het.

Hogan het getuig sy het inligting ontvang dat SAL van plan is om sy Suid-Afrika/Mumbai-roete te kanselleer toe sy oudpres. Jacob Zuma in Junie 2010 vergesel het op ’n staatsbesoek aan Indië.

Hogan het vir Carolus, wat toe die voorsitter van die lugdiens was, ’n SMS gestuur om dit te bevestig. Carolus het Hogan geantwoord dat SAL nie die roete gaan kanselleer nie.

Hogan het verder getuig Carolus het bevestig dat Jet Airways onsuksesvol was in sy pogings om SAL te oortuig om die winsgewende roete te laat vaar.

Carolus se getuienis voor die kommissie volg op dié van Ngoako Ramatlhodi, voormalige minister van staatsdiens en administrasie en voor dit minerale hulpbronne, en Mahlodi Muofhe, sy spesiale adviseur.

Meer oor:  Cheryl Carolus  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.