Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Clicks ‘werk saam met taakspan van ministers’

Die Clicks-winkelgroep sal glo met ’n interministeriële taakspan saamwerk om ’n beoogde ooreenkoms oor transformasie en die ontwikkeling van die plaaslike skoonheidsektor toe te pas.

Die ooreenkoms sal ter tafel gelê word nadat Clicks verlede week deurgeloop het oor ’n sjampoe-advertensie wat swart vroue se hare in ’n slegte lig stel en wat op sy webtuiste gepubliseer is.

Die winkelgroep het intussen met die departemente van arbeid, van handel en nywerheid en van kleinsakeontwikkeling oor die kwessie vergader en sekere ondernemings gemaak.

Op een van hierdie vergaderings, met Khumbudzo Ntshavheni, minister van kleinsakeontwikkeling, het Clicks onderneem om meer geld te bestee aan die ontwikkeling van die plaaslike skoonheidsektor.

EFF-lede betoog vroeër voor Clicks se winkel in Sandton City. Foto: Dennis Delport

Ntshavheni het verlede week in ’n gesamentlike verklaring deur haar departement en Clicks boonop gesê haar departement sal Clicks help om te fokus op klein, middelslag- en mikro-ondernemings waarvan die eienaars swart, vroulik en jeugdig is.

Sidwell Medupe, woordvoerder van die departement van handel en nywerheid, het Woensdag by navraag gesê die ooreenkoms, wat nog nie afgehandel is nie, sal die uitvloeisel wees van die ondernemings wat op die onlangse vergaderings deur Clicks gedoen is.

“Clicks moet nou daardie ondernemings in ’n enkele verslag konsolideer voordat die kwessie verder gevoer word,” sê Medupe.

Die interministeriële taakspan sal bestaan uit die departemente van handel en nywerheid, van kleinsakeontwikkeling, van arbeid en van vroue, kinders en mense met gestremdhede in die presidensie.

’n Betroubare bron van Clicks het intussen bevestig dat die beoogde ooreenkoms hoofsaaklik oor transformasie en die ontwikkeling van die plaaslike skoonheidsektor sal gaan en dat die interministeriële komitee sal help met die toepassing van die ooreenkoms.

Clicks het verlede week ’n ooreenkoms met die EFF bereik nadat dié party voor Clicks-winkels oor die advertensie betoog het in ’n poging om die winkels te laat sluit.

Die winkelgroep het reeds om verskoning oor die voorval gevra en het besluit om alle produkte van TRESemmé, wat die advertensie aan Clicks verskaf het, van sy rakke te verwyder.

Meer oor:  Clicks  |  Khumbudzo Ntshavheni  |  Taakspan  |  Transformasie  |  Ministers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.