Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cope se gratis raad: ‘Bly weg, Molefe’
Brian Molefe, heraangestelde uitvoerende hoof van Eskom.Foto: Deon Raath

Brian Molefe, heraangestelde uitvoerende hoof van Eskom, gaan Maandag sukkel om by sy nuwe werk uit te kom, omdat Cope beplan om hom te keer.

Dennis Bloem, Cope-woordvoerder, het Saterdag gesê lede van dié party gaan Maandag die ingange na Eskom se hoofkantoor, Megawatt Park, in die noorde van Johannesburg, versper.

“Ons is vasbeslote om pres. Jacob Zuma, die Guptas, Brain Molefe en enige ander Mickey Mouse te wys ons sal nie sal toelaat dat ons land in ’n piesangrepubliek omskep word nie,” het Bloem gesê.

Alle politieke partye, selfs die ANC, het woedend gereageer op die “jammerlike en roekelose” besluit om Molefe weer aan te stel.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Vrydag in die parlement die besluit probeer regverdig deur te sê dit sal “goedkoper” vir Suid-Afrika wees om Molefe weer aan te stel as om hom ’n pensioen van R30 miljoen te betaal.

Bloem sê egter Cope het gratis raad vir Molefe: “Bly weg van Megawatt Park om die verleentheid te vermy.”

Save South Africa beplan ook om met protesoptogte Suid-Afrikaners se woede oor dié besluit te kenne te gee.

Politieke partye, wat die DA en EFF insluit, beoog om hulle tot die hof te wend om Molefe se heraanstelling te laat hersien. – News24

Meer oor:  Brian Molefe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.