Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cosatu betoog voor staatsrede oor treindienste

Cosatu beplan om Donderdag voor pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede teen werkloosheid, onbetroubare pendeldienste en die Eskom-kragkrisis op die parade in Kaapstad te betoog.

Malvern de Bruyn, die Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu.

Dié ANC-alliansievennoot is ontevrede met die werkverliese in die land, veral weens die swak treindienste in Kaapstad, en het ander vakbonde genooi om hul bekommernisse tydens die protesoptrede van twee uur te kom lug.

Malvern de Bruyn, Cosatu se sekretaris in die Wes-Kaap, sê hulle wil veral die uitdagings met betrekking tot die openbare vervoerstelsel in die provinsie wat reeds tot werksverliese gelei het onder die vergrootglas plaas.

“Ons gaan ook op 20 Februarie ’n protesoptrede hou oor die veiligheid op treine en werkloosheid weens die tekort aan treine,” sê De Bruyn.

Hy sê Cosatu wil ook lig werp op die voorstel om die staatsdienspensioenfonds (GEPF) te gebruik om in Eskom te belê.

“Cosatu stel voor dat R250 miljard van die GEPF-geld gebruik word om in Eskom te belê om sy skuld te verminder en die bedryf daarvan weer lewensvatbaar te maak. Dit kan die uitdagings rakende instandhouding die hoof bied.”

Die vakverbond is ten gunste van die voorstel, mits niemand afgelê word of ontbondeling plaasvind nie.

Die betogings begin om 12:00.

Meer oor:  Cosatu  |  Cyril Ramaphosa  |  Staatsrede2020  |  Treindienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.