Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cosatu ‘sal nie staak’ oor Gordhan
Pravin Gordhan Foto: Daily Sun

Hoewel Cosatu volhou dat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, weens sy aandeel in die Eskom-krisis moet bedank, gaan dié vakbondfederasie dit nie deur ’n grootskaalse staking probeer afdwing nie.

Sizwe Pamla, Cosatu-woordvoerder, het Dinsdag so gesê nadat dié ANC-alliansievennoot sedert verlede week aan die voorpunt van oproepe is dat pres. Cyril Ramaphosa van Gordhan ontslae moet raak.

Die oproepe, wat ook die steun van ander Cosatu-geaffilieerde vakbonde, die metaalwerkersvakbond Numsa en selfs die EFF geniet, het al hoe sterker geraak nadat Jabu Mabuza die naweek as Eskom-voorsitter bedank het.

Dit het alles begin nadat adj.pres. David Mabuza verlede week gesê het dat Gordhan en die Eskom-direksie Ramaphosa oor beurtkrag mislei het.

Intussen het Sipho Pityana, president van die sakeliggaam Business Unity South Africa (Busa), Dinsdag op Busa se ekonomiese indaba in Sandton gewaarsku dat die Eskom-krisis nie as ’n politieke speelbal gebruik moet word soos in die aanval op Gordhan gesien kan word nie, berig Sake.

Op ’n vraag oor of Cosatu Ramaphosa deur middel van stakings by Eskom gaan probeer dwing om Gordhan in die pad te steek, het Pamla gesê die federasie het tans ’n baie goeie verhouding met Ramaphosa.

“Die president het ’n oopdeur-beleid en ons kommunikeer gereeld ons menings met hom.

'Geen obsessie'

“Ons het egter geen obsessie oor die Gordhan-saak nie en het nie slapelose nagte daaroor nie. Ons sal deur die regte kommunikasie- en diplomatieke kanale met die president daaroor in gesprek tree. Ons sal egter nie staak oor ’n individu nie. Die laaste keer wat ons dit gedoen het, was teen oudpres. Jacob Zuma.”

Intussen sê die organisasie Black First Land First (BLF) dat sy “Stop Loadshedding! Pravin Gordhan Must Go!”- aanlyn petisie wat hy Maandag begin het, op die eerste dag reeds meer as 1 000 ondertekenaars gehad het.

Die BLF wil met dié petisie sowat 10 000 ondertekenaars werf om aan Ramaphosa te oorhandig sodat hy van Gordhan ontslae moet raak.

Die organisasie het in ’n verklaring op sy webtuiste geskryf dat die verdiepende kragkrisis in die land nie opgelos sal word as Gordhan minister bly nie.

“Gordhan is ’n minister met botsende belange wie se sakevennote voordeel sal trek uit die privatisering van Eskom. Die beurtkrag wat Suid-Afrika tans ervaar, is sentraal tot die agenda van privatisering.

“Beurtkrag is voorheen beëindig deur die gesamentlike leierskap van dr. Ben Ngubane, Brian Molefe en Matshela Koko. Hierdie landgenote sal nie nee sê om die land weer te dien nie, maar Gordhan wil nie ’n oplossing vir die Eskom-krisis hê nie.

“Die indiensneming van die onbevoegde André de Ruyter as nuwe uitvoerende hoof van Eskom is nog ’n goeie rede om Gordhan dadelik te herroep,” lui die BLF-verklaring.

Meer oor:  Pravin Gordhan  |  Geen Staking  |  Staking  |  Gordhan-Bedanking  |  Eskom-Krisis  |  Cosatu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.