Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Covid-19: 20 000 soldate nog tot einde September ontplooi

In die lig van Suid-Afrika se infeksiesyfer wat steeds aan die styg is, gaan pres. Cyril Ramaphosa die ontplooiing van sowat 20 000 soldate tot einde September verleng omdat hul dienste steeds in die stryd teen die Covid-19-pandemie benodig gaan word.

Ramaphosa het die parlement op 30 Junie per brief van dié besluit ingelig.

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, en Amos Masondo, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, het Donderdagaand laat bevestig dat hulle Ramaphosa se brief aan die parlement oor die verlenging van die ontplooiing van 27 Junie tot 30 Septemer 2020 ontvang het.

Die parlement se voorsittende beamptes het verder in hul verklaring gesê die soldate sal in die verlengde ontplooiing steeds met die polisie saamwerk om reg en orde te handhaaf, om ook ander staatsdepartemente te ondersteun en om die landsgrense te bewaak om die verspreiding van die koronavirus in al nege provinsies te bestry.

In sy korrespondensie aan die speaker en voorsitter sê Ramaphosa dat die gevalle van die virussiekte steeds landwyd toeneem en dat die dienste van die soldate steeds benodig word om die verspreiding daarvan te beveg.

’n Weermaglid op patrollie by ’n minibustaxistaanplek tydens die nasionale inperking op 13 Mei in Kaapstad. Foto: Reuters

Solank as wat die pandemie nie in bedwang is nie, sal die weermag ook met die nasionale departement van gesondheid saamwerk om dit met onder meer die verskaffing van veldhospitale, mediese sifprosesse en kwarantyn-fasiliteite te bestuur.

Die weermag sal ook met die departement van samewerkende regering en tradisionele sake saamwerk om die lewensomstandighede van landburgers te handhaaf of te verbeter deur met die verskaffing van water en ingenieursdienste te help.

Verder sal die weermag die polisie help om die regulasies van die staat van inperking af te dwing en om die landsgrense en grensposte beter te beskerm.

Volgens Modise en Masondo het Ramaphosa in sy brief gesê dat die verlenging van die ontplooiing sowat R1,5 miljard sal kos.

Ramaphosa het die voorsittende beamptes gevra om die inhoud van sy brief onder die aandag van die LP’s van albei huise in die parlement te bring.

Hy het aanvanklik sowat 2 820 soldate op 25 Maart vanjaar gemagtig om die polisie te help om die regulasies van die inperking af te dwing.

Die getal ontplooide soldate is egter op 21 April tot 76 000 verhoog.

Meer oor:  Parlement  |  Veiligheidsmaatreëls  |  Weermag  |  Koronavirus  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.