Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Covid-19: Minder as ’n kwart van gevangenes is vrygelaat

Minder as ’n kwart van die 19 000 gevangenes wat in aanmerking kom vir vroeë parool om oorbevolking en die gevolge van die Covid-19-pandemie te verlig, is vrygelaat.

Ronald Lamola, minister van justisie, het in antwoord op ’n parlementêre vraag deur China Dodovu, ANC-LP, gesê “minimum vordering is gemaak weens die prosesse wat gevolg moet word om gevonniste oortreders op parool vry te laat”.

“Die departement het op 11 Mei begin met die proses om geselekteerde oortreders met ’n lae risiko vry te laat. Aanvanklike vrylatings is van 20 Mei af begin, en die gesamentlike getal vrygelate oortreders het op 24 Junie op 4 138 gestaan.”

In ’n proklamasie wat op 8 Mei deur pres. Cyril Ramaphosa uitgevaardig is, moes gevangenes wat ’n lae risiko inhou, op parool vrygelaat word om oorbevolking te verlig en die verspreiding van Covid-19 in gevangenisse te bekamp. Destyds is berig dat 19 000 gevangenes vir dié parool in aanmerking sou kom.

Volgens Lamola was die gesamentlike bevolkingstal in gevangenisse voor die vrylating 154 943, van wie 101 928 reeds vonnisse opgelê is en 53 015 nog gevonnis moes word.

Dit beteken dat daar ’n oorbevolkingskoers van 30,68% was, wat die handhawing van ’n gesonde afstand bemoeilik het.

“Ná die vrylating van die gevangenes op 24 Junie was daar 147 922 gevangenes wat oorbevolking tot 24,75% verlaag het,” lui Lamola se antwoord.

Die meeste van die vrygelate gevangenes is in die Wes-Kaap met 998, gevolg deur KwaZulu-Natal se 882 en Gauteng se 730.

Lamola het gesê die plan is om die gevangenes in die samelewing te herintegreer in ’n poging om te voorkom dat hulle weer die wet oortree.

Volgens Lamola lei die oorbevolking van gevangenisse tot die volgende probleme:

  • Vermindering van beskikbare bedruimte
  • Belemmering van die instandhouding van infrastruktuur
  • Negatiewe uitwerking op die gesondheid van gevangenes
  • Belemmering van die veiligheidsbestuur van gevangenes
  • ’n Toename in die mobilisering van bende-aktiwiteite
  • ’n Afname in die veiligheid van amptenare
  • ’n Afname in die vermoë van amptenare om ontwikkelings- en rehabilitasieprogramme vir oortreders aan te bied.

Bron: News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.