Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Covid-19-tenders: Hoof van verkryging afgedank

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het die afdanking verwelkom van Thandiwe Pino, hoof van verkryging en batebestuur van die Gautengse gesondheidsdepartement, ná haar betrokkenheid by die onregmatige toekenning van tenders vir persoonlike beskermde toerusting (PBT).

Die SOE het Maandag in ’n verklaring gesê in sy ondersoek is bevind Pino was by die onregmatige toekenning van kontrakte aan Royal Bhaca Projects, Ledla Structural Development en Beadica betrokke.

Royal Bhaca behoort aan Thandisizwe Diko, wie se vrou, Khusela, die presidensiële woordvoerder is. Sy is intussen op spesiale verlof geplaas.

Volgens die SOE het Pino en Kabelo Lehloenya, voormalige finansiële hoof van die Gautengse gesondheidsdepartement, nie die korrekte verkrygingsprosedures gevolg toe die kontrakte in 2020 toegeken is nie.

Lehloenya het bedank toe die ongerymdhede aan die lig gekom het. Die SOE het ’n bevel bekom om haar pensioen te bevries.

Die Gautengse gesondheidsdepartement het op die SOE se aanbeveling met dissiplinêre optrede teen Pino begin. Sy is skuldig bevind en afgedank.

“Die departement se optrede bewys dat die SOE se aanbevelings vir dissiplinêre optrede geïmplementeer word,” lui die verklaring.

Verskeie woordvoerders vir die Gautengse gesondheidsdepartement kon nie Maandag vir kommentaar bereik word nie. Die kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang is.

*Die storie is aangepas sedert dit gepubliseer is.

Meer oor:  Gauteng  |  Covid-Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.