Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
CR: Afrika moet 7 lede op veiligheidsraad kry
Pres. Cyril Ramaphosa spreek Vrydag in Pretoria die diplomatieke korps toe. Regs is Reginah Mhaule, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking. Foto: Sarel van der Walt

Suid-Afrika stel voor die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) moet van 15 lede tot 26 vergroot word en Afrika moet twee permanente en vyf nie-permanente lede in dié raad hê.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Vrydag in Pretoria by die hoofkantoor van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking aan die diplomatieke korps in Suid-Afrika gesê.

Suid-Afrika word in Januarie die tweede keer vir ’n tydperk van twee jaar ’n deeltydse lid van die veiligheidsraad.

"Suid-Afrika is bekommerd oor die toename in unitarisme in die wêreldsake die laaste twee dekades, en die skending van nasionale soewereiniteit," het Ramaphosa aan die ambassadeurs en ander diplomate gesê.

"Dit bedreig die wêreldvrede, veiligheid en ontwikkeling. Ons moet saamwerk om die multilaterale stelsel van regering en kollektiewe besluitneming wêreldwyd te versterk."

Suid-Afrika, wie se genl. Jan Smuts, ’n voormalige eerste minister, ’n sleutelrol gespeel het in die totstandkoming van die VN ná die Tweede Wêreldoorlog, beywer hom al lank vir die hervorming van die VN.

Suid-Afrika se invloed in Afrika het onder oudpres. Jacob Zuma getaan.

Ramaphosa sal later vandeesmaand die VN in New York toespreek. Hy sal ook die Nelson Mandela-vredesberaad by die VN bywoon die dag voordat die 73ste algemene vergadering van dié organisasie begin.

Die president het aan die diplomatieke korps bevestig oudpres. Thabo Mbeki word sy spesiale gesant na die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en die Groot Mere-distrik, terwyl die voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se gesant in Lesotho word.

Ramaphosa het vroeër vir oudminister Roelf Meyer en Ebrahim Ebrahim, ’n voormalige adjunkminister, as sy spesiale gesante na Madagaskar aangestel om te help om die probleme in dié land op te los.

Suid-Afrika is op die oomblik ook in Burundi, Suid-Soedan, Somalië en die Sentraal-Afrikaanse Republiek op bilaterale en nie-bilaterale vlak betrokke om vrede te probeer bewerkstellig.

Suid-Afrika se invloed in Afrika het onder oudpres. Jacob Zuma getaan.

Ramaphosa het gesê een van sy vernaamste doelwitte is om beleggings ter waarde van sowat $100 miljard oor die volgende vyf jaar na Suid-Afrika te lok.

As deel hiervan sal ’n beleggerskonferensie van 25 tot 27 Oktober in Johannesburg gehou word waar Suid-Afrikaanse en internasionale beleggers met mekaar in aanraking kan kom.

"Suid-Afrika werk hard daaraan om die beleggingsomgewing in die land, sowel as beleidsekerheid en konsekwentheid, te verbeter," het die president gesê.

Hy het aan die ambassadeurs en diplomate gesê hy hoop om in die toekoms gereelder met hulle te praat.

"Ons kan baie by mekaar leer – nie net uit mekaar se foute nie, maar ook uit mekaar se suksesse."

Meer oor:  Vn  |  Cyril Ramaphosa  |  Lede  |  Politiek  |  Cr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.