Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
CR kondig nuwe bevelstruktuur vir weermag aan
Pres. Cyril RamaphosaFoto: Reuters

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand die nuwe bevelstruktuur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) aangekondig.

Lt.genl. Rudzani Maphwanya sal van 1 Junie die leisels by genl. Solly Zacharia Shoke as hoof van die weermag oorneem.

Ramaphosa het Maphwanya, wat sy militêre loopbaan in 1978 in Umkhonto we Sizwe begin het en sedert 1994 talle poste in die SANW beklee het, as ’n gerekende offisier met wye operasionele ervaring beskryf.

Maphwanya is in 2006 as bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte aangestel en in 2016 as bevelvoerder van die Infanterie-formasie.

In 2019 is hy aangestel as hoof van gesamentlike operasies. Maphwanya word met sy aanstelling van luitenant-generaal tot generaal bevorder en sal vir vyf jaar in die pos dien.

Ek het besluit om ’n nasionale aankondiging oor hierdie aanstellings te doen, want dit is die belangrikste bevelsverandering in die weermag die afgelope paar jaar.

Die ander nuwe aanstellings is genl.maj. Wiseman Simo Mbambo, huidige adjunk-stafhoof van die SANW, as hoof van die lugmag, genl.maj. Siphiwe Sangweni as hoof van gesamentlike operasies en genl.maj. Ntshavheni Maphaha as geneesheer-generaal.

Ramaphosa het ook die aanstelling van genl.maj. Thalita Mxakato as hoof van Militêre Intelligensie aangekondig. Ramaphosa het gesê Mxakato se aanstelling is belangrik omdat sy die eerste vrou is wat as militêre bevelvoerder in die SANW aangestel word.

Mbambo, Sangweni en Mxakato sal met hul aanstellings almal tot die rang van luitenant-generaal bevorder word.

“Ek het besluit om ’n nasionale aankondiging oor hierdie aanstellings te doen, want dit is die belangrikste bevelsverandering in die weermag die afgelope paar jaar,” het Ramaphosa gesê.

Volgens Ramaphosa is dit gepas dat die aankondiging in April gedoen word, omdat dit ook die maand is waarin die SANW sy stigting vier.

“Dit was om middernag op 27 April 1994 dat alle voormalige gewapende magte in die land opgehou het om te bestaan ??en ’n nuwe, geïntegreerde Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gestig is.”

Die SANW het die weermagte van MK, die Azanian People’s Liberation Army (Apla), die destydse Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en dié van Transkei, Bophuthatswana, Venda en Ciskei saamgesnoer, het Ramaphosa gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.