Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
CR vra verbintenis tot bewaring by VN-beraad

Die wêreld moet in stede van ekonomiese modelle wat groei vooropstel na ’n sirkulêre ekonomie beweeg, het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag op die Verenigde Nasies se virtuele beraad oor biodiversiteit gesê.

Volgens Ramaphosa het die Covid-19-pandemie ’n negatiewe uitwerking op die vermoë van nasionale ekonomieë om op uitdagings soos die agteruitgang van die omgewing en klimaatsverandering te reageer.

“Maar selfs as ons ekonomiese herlewing en heropbou vooropstel, moet ons ’n gesamentlike verbintenis tot omgewingsbewaring handhaaf,” het Ramaphosa gesê.

“Verlies aan biodiversiteit, ontbossing, verlies aan landbougrond, verlies van diere se habitat en die verbruik van wilde spesies skep toestande vir aansteeklike siektes wat ons binnekort nie sal kan beheer nie,” het hy benadruk.

Ramaphosa het ook daarop gewys dat die verwikkelde interafhanklikheid tussen die natuur, ekonomiese aktiwiteite en menslike ontwikkeling reg oor die wêreld waardeer moet word.

“As verantwoordelike wêreldburgers moet ons ons gedrag en verbruikspatrone verander en benaderings integreer om die bewaring van spesies en ekosisteme te verbeter,” het hy gesê.

“Ons moet volhoubare grondbestuurspraktyke toepas, geërodeerde grond herstel, volhoubare voedselproduksiemodelle implementeer en meer klimaatvriendelike landbou ontwikkel.”

Maar selfs as ons ekonomiese herlewing en heropbou vooropstel, moet ons ’n gesamentlike verbintenis tot omgewingsbewaring handhaaf.

Hy het bygevoeg dat daar in stede van ekonomiese modelle wat groei vooropstel na ’n sirkulêre ekonomie beweeg word.

Hy het gesê regerings moet met plaaslike gemeenskappe in gesprek tree, gebruik maak van tradisionele kennis en die insluiting van vroue en inheemse bevolkings in bioprospektering en ander sektore bevorder.

“Suid-Afrika verbind hom tot samewerking met die VN-omgewingsprogram aan die ontwikkeling van middele om toekomstige soönotiese siektes op te spoor.”

Volgens Ramaphosa is Suid-Afrika land met die derde grootste biodiversiteit ter wêreld, met unieke spesies en ekostelsels wat nêrens anders op aarde voorkom nie.

“As ondertekenaar van die konvensie oor biologiese diversiteit is ons besig om ons biodiversiteit te bewaar, die volhoubare gebruik daarvan te bevorder en te verseker dat die voordele van die kommersiële gebruik van genetiese hulpbronne regverdig versprei word.”

Hy het gesê dat Suid-Afrika ’n strategie het vir biodiversiteitsekonomie wat volhoubare bestuur intigreer met werkskepping en ’n groter territoriale beskermde gebied en beskermde oseaangebied.

“Aangesien ons uit die koronavirus-pandemie kom, moet ons nie net die ambisie van ons biodiversiteitsdoelwitte verhoog nie, ons moet ook toesien dat die herstelpoging nie minder nie, maar groter harmonie met die natuur bevorder.”


Meer oor:  Biodiversiteit  |  Verenigde Nasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.