Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
CR17: Dié kwessies ‘raak nie regering, president se werk’

Pres. Cyril Ramaphosa se hofstryd met adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), en die onthullings oor die finansiering van sy CR17-veldtog het geen invloed op die president of die regering se werk nie.

So sê Jackson Mthembu, minister in die presidensie en ’n Ramaphosa-vertroueling, wat Donderdag vrae beantwoord het oor of die impak van dié kwessies op die regering se werksaamhede op Woensdag se kabinetsvergadering bespreek is.

“Dit is nie in die kabinet bespreek nie en dit beïnvloed nie die regering se werk nie. Soos ek nog in staat is om my werk te doen, is die president ook in staat om sy werk te doen,” het Mthembu gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa.

Die president beantwoord Donderdagmiddag vrae in die parlement.

Dr. Theuns Eloff, voorsitter van die F.W. de Klerk-stigting se adviesraad, is van mening dat Ramaphosa hierdie vraag-en-antwoord-sessie moet gebruik om indrukke dat hy verkeerd in sy CR17-veldtog opgetree het, uit die weg te ruim.

Volgens Eloff is die vraag of die stemme van afgevaardigdes “ook met bruin koeverte gekoop is” soos oudpres. Jacob Zuma en sy ondersteuners op verskeie nasionale konferensies van die ANC gedoen het in 2012 by Mangaung en 2017 by Nasrec.

“Gewone Suid-Afrikaners se hoop vir Ramaphosa maak dit noodsaaklik om enige twyfel oor hierdie kwessies uit die weg te ruim.”

Ramaphosa is dit aan sy skenkers en ondersteuners verskuldig en meer nog aan Suid-Afrikaners.

“Hy moet deursigtig, eerlik en oop wees, meer as wat deur die wet of die reëls vereis word. Hy moet die ouditverslag van die CR17-veldtog publiseer, en ook ander besonderhede bekend maak, soos waarvoor die geld gebruik is.

“Sulke deursigtigheid sal geen skade aan sy skenkers en wettige ontvangers van die geld aanrig nie. Hul name is reeds in die openbare domein.”

Eloff meen as Ramaphosa dit opklaar, kan dit groot voordeel vir die land inhou en kan dit ook vir Suid-Afrikaners hoop gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.