Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
CR17-veldtog: Kom na vore as jy voordeel getrek het – EFF

Enige ander EFF-LP’s of lede wat geldelik baat gevind het by pres. Cyril Ramaphosa se interne veldtog om in 2017 die ANC-president te word, moet na vore kom.

Dit was Dinsdag die pleidooi van die EFF ná die bedanking van twee EFF-LP’s – Tebogo Mokwele en Nkagisang Mokgosi.

Hulle het as LP’s bedank en ook uit alle leierskapsposisies wat hulle in die party gehou het nadat hulle erken het dat hulle elkeen R80 000 uit die CR17-veldtog ontvang het.

“Ons herhaal ons oproep aan almal binne en buite die leierskap wat op enige manier dalk geldelik voordeel getrek het uit die CR17-veldtog. Ons pleit by hulle om die EFF-leierskap in hul vertroue te neem en hulle te onderwerp aan die dissipline van ons revolusie,” lui ’n verklaring wat Dinsdag uitgereik is.

Die party het die bedanking van die twee LP’s met ’n groot mate van ontnugtering ontvang. Dit verteenwoordig ’n groot verlies van talent en hardwerkende vroulike kaders.

Die EFF het die twee vroue geprys vir hul erkentenisse en dat hulle verantwoordelikheid aanvaar deur ook hul leierskapsposisies in die party prys te gee. “Bo alles prys ons hulle dat hulle daarop aandring om hul lidmaatskap te behou wat raar is in die politiek wêreldwyd.”

Almal moet egter leer uit die ervaring van dié twee LP’s. EFF-lede moet die revolusie in hul vertroue neem sodat hulle nie die prooi van die “vyand” word soos dié twee nie.

“Die manier waarop hulle egter blaam aanvaar het en verantwoordelikheid geneem het, laat die beeld van ons beweging in ’n selfs sterker posisie.”

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Tebogo Mokwele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.