Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cradock-4 se familie bly oor NVG se planne

Families van die Cradock-vier verwelkom verwikkelinge dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) dit oorweeg om mense wat destyds by die moorde op dié anti-apartheidsaktiviste betrokke was, daarvoor te vervolg.

Hulle het gereageer op ’n berig Vrydag in die Mail&Guardian dat oudpres. FW de Klerk glo onder diegene kan wees wat aangekla kan word vir die moorde op Matthew Goniwe, Fort Calata, Sparrow Mkhonto en Sicelo Mhlauli in 1985.

Luidens die koerant was die Cradock-vier een van 20 sake wat verband hou met die destydse Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) wat die Valke en die NVG vir heropening vir ondersoek gelys het.

Al wat Bulelwa Makeke, NGV-woordvoerder, egter Vrydag daaroor wou sê, is dat die Valke nog die saak ondersoek.

“Sodra die ondersoek afgehandel is, sal dit na die nasionale direkteur van openbare vervolgings in die Oos-Kaap verwys word vir ’n besluit. As daar ’n voortgaande ondersoek aan die gang is, kan die NVG nie geen verdere besonderhede verskaf nie.”

Dave Steward, voorsitter van die FW de Klerk-stigting, het Vrydag in reaksie op die berig se beweringe oor De Klerk gesê dat die stigting nie kommentaar op “lasterlike” bewerings sal lewer nie.

Die werklikheid is dat al dié dinge reeds in diepte deur die WVK ondersoek is. Dit is eenvoudig net nuwe pogings om die oudpresident se naam en reputasie te beswadder.

“Die werklikheid is dat al dié dinge reeds in diepte deur die WVK ondersoek is. Dit is eenvoudig net nuwe pogings om die oudpresident se naam en reputasie te beswadder.”

De Klerk was die afgelope week ook in omstredenheid gedompel nadat hy vroeër in ’n televisieonderhoud onder meer gesê het apartheid was nie ’n misdaad teen die mensdom nie. Dit was ook die hoofrede waarom die EFF Donderdagaand tydens pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede daarop aangedring het dat De Klerk, wat die geleentheid saam met sy vrou, Elita, bygewoon het, die sitting moet verlaat.

Die FW de Klerk-stigting het ná die herrie ’n verklaring daaroor uitgereik wat ook later teruggetrek is en waarvoor hulle om verskoning gevra het.

Vroeër is ook berig familielede en naasbestaandes van vermoorde apartheidsaktiviste het in 2019 weer gevra dat Ramaphosa die meer as 300 sake van anti-apartheidsaktiviste wat in die apartheidsera vermoor is en wat nog van die WVK dateer, vir ondersoek heropen.

Dit het familie en naasbestaandes van die Cradock-vier, asook van ander bekende vermoorde aktiviste soos imam Abdol Haron, Steve Biko, en hoofman Albert Luthuli ingesluit.

Die beroep op Ramaphosa het gekom kort ná die geskiedkundige uitspraak van die hooggeregshof in Johannesburg verlede jaar dat die NVG kan voortgaan om die 80-jarige João (Jan) Rodrigues vir Ahmed Timol se moord 48 jaar gelede kan vervolg.

Veral De Klerk se onlangse uitlatings wys hoe uit voeling hy met die werklikheid is. Daarom moet daar vinniger opgetree word.

Lukhanya Calata, Calata se seun en woordvoerder van die betrokke families, het Vrydag gesê hoewel hulle die jongste verwikkeling oor die vervolging van hul familielede se vermeende moordenaars verwelkom, moet dit baie vinniger gebeur omdat “baie van die oortreders besig is om baie oud te word”.

Hy praat namens die Cradock-vier se families.

“Ons weet die Valke ondersoek die kwessie nadat ons verlede jaar met Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, gepraat het. Sy het dit ook bevestig.

“Ons werk saam om die ondersoek te bespoedig.”

Volgens Calata het daar te lank niks met die saak gebeur nie. “Ons voel hulle (die NVG) vat hopeloos te lank. Dit moes teen nou al afgehandel gewees het.

“Veral De Klerk se onlangse uitlatings wys hoe uit voeling hy met die werklikheid is. Daarom moet daar vinniger opgetree word,” sê Calata.

Meer oor:  Nvg  |  Fw De Klerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.