Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril aan diplomate: ‘Konsensus is in ons gene’
Pres. Cyril Ramaphosa praat Vrydag in Pretoria met buitelandse diplomate. Foto: Sarel van der Walt

Dit is in die gene van Suid-Afrikaners om konsensus te bereik wanneer hulle debatteer oor belangrike kwessies wat menselewens raak.

Hy glo dit sal ook met die kwessie van grondhervorming gebeur, het pres. Cyril Ramaphosa Vrydag in Pretoria aan buitelandse ambassadeurs en diplomate gesê.

“Ek glo ons sal dit doen soos ons dit in 1994 onder die bekwame leierskap van oudpres. Nelson Mandela gedoen het.

“Ons sal spoedig ’n oplossing vir dié kwessie (grondhervorming) vind en dit sal ’n Suid-Afrikaanse oplossing wees.”

Die ongeregtighede met grond wat onder kolonialisasie en in apartheid gepleeg is, móét reggestel word, het die president gesê.

“Die hele proses met grondhervorming sal orderlik geskied. Soos ons in 1994 gedoen het, sal die belange van alle Suid-Afrikaners in ag geneem word.

“Die prosesse sal daarop gemik wees om die ekonomie te bevorder, landbouproduksie te bevorder en om seker te maak daar is voedselsekerheid,” het Ramaphosa gesê.

Die hele proses met grondhervorming sal orderlik geskied. Soos ons in 1994 gedoen het, sal die belange van alle Suid-Afrikaners in ag geneem word.

Die parlement oorweeg die moontlikheid om art. 25 van die Grondwet te wysig wat onteiening sonder vergoeding moontlik sal maak om die grondhervormingsproses te bespoedig, het die president gesê.

“Dit is een van verskeie maatreëls wat ons tref om grondhervorming te versnel om die historiese ongeregtighede te pak.

“Toe ons die Grondwet in 1994 opgestel het, het honderdduisende van ons mense oor die hele land heen aan die debat deelgeneem. Ons het toe meer as 1,2 miljoen voorleggings ontvang.

“Dié keer het ons 700 000 voorleggings gekry.

“Dit weerspieël tot ’n groot mate ons gene, want elke keer wanneer daar gedebatteer word oor groot kwessies wat die lewe van Suid-Afrikaners beïnvloed, begin Suid-Afrikaners te praat en probeer hulle konsensus bereik.

“Ons het ook ander baie groot uitdagings soos swak ekonomiese groei wat ’n baie negatiewe invloed op ons mense het. Die regering werk hieraan in samewerking met ons maatskaplike vennote, ondernemings, die arbeidsektor en gemeenskappe. Wanneer ons dit so doen, kry ons wonderlike oplossings.

“Dit is waarom ek glo ons sal die grondkwessie ook suksesvol pak,” het die president gesê.

  • Ramaphosa het later by die presidensiële gastehuis ook met sakelui vergader. Die media is egter nie toegelaat om die vergadering by te woon nie.
Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Grondhervorming  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.