Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril aan G7: Tree nou op om ander lande te help

Pres. Cyril Ramaphosa sê dit is onmisbaar dat G7-lande – wat saam meer as die helfte van die wêreldwye uitsette verteenwoordig – aansienlike steun aan die Access to COVID-19 Tools (ACT) Accelerator verskaf.

Hy het in sy toespraak in Cornwall, Engeland, ook die billike verspreiding van entstof bepleit.

“Hulpbronne moet nou aan die lande beskikbaar gestel word wat dit die nodigste het.”

Hy het benadruk die Covid-19-pandemie is nie verby nie deur daarop te wys dat meer gevalle wêreldwyd in die eerste vyf maande van 2021 aangeteken as in die hele 2020.

“Dus moet ons met dringendheid en op ’n ongekende skaal optree.”

Hy meen die oplossing is dat soveel as moontlik mense in die kortste moontlike tyd ingeënt word.

“Wat nou aandag moet geniet is die aansienlike finansieringsgaping vir toetse, behandeling, kritieke voorraad, soos suurstof, en stelsels wat toetse, behandeling en inentings moontlik maak.”

Die ACT Accelerator is meer as ’n jaar gelede op die been gebring

Suid-Afrika en Noorweë is sedert September die medevoorsitters van die raad vir die fasilitering van die ACT-inisiatief.

Ramaphosa sê sedertdien het die ACT Accelerator meer as 70 lande gehelp om laboratoriuminfrastruktuur uit te brei vir toetse en miljoene vinnige diagnostiese toetse verskaf; die ontwikkeling en produksie van entstowwe bespoedig; meer as 69 miljoen entstofdosisse sedert Februarie 2021 gelewer; en beskermende toerusting ter waarde van meer as ’n $500 000 verskaf.

“Die ACT-Accelerator het die potensiaal om die trajek van die virussiekte wêreldwyd fundamenteel te verander, maar dit kan slegs gebeur as alle lande hul regverdige deel bydra om die tekort van $16,8 miljard in befondsing vir hierdie jaar aan te vul.

“Sou die G7-lande hul regverdige gedeelde doelwit bereik, sal twee-derdes van hierdie inisiatief befonds wees – en 90% daarvan sal befonds wees as ál die G20-lande hulle regverdige doelwitte bydra.

“As ons lewens wil red en ’n einde aan die pandemie wil bring, moet die produksie van entstof uitgebrei en gediversifiseer word en mediese produkte vir die behandeling en voorkoming van die virussiekte so gou as moontlik na soveel moontlik mense uitgebrei word.”

Wat betref die Kwytskelding van Handelsverwante Aspekte van Intellektuele Eiendomsregte (IE) (oftewel TRIPS) op COVID-19-entstowwe het hy benadruk dat dit “’n tydelike gevolg met spesifieke teikens is wat toegepas sal word in verhouding tot die ongekende aard van die pandemie”.

“Hindernisse/belemmeringe wat intellektuele eiendomsreg betref moet verwyder word, sodat tegnologie en kennis gedeel kan word en die vervaardiging van entstof en mediese produkte en toerusting bespoedig kan word.

“Ons vra die G7-lande om kwytskelding te ondersteun en met onderhandelinge te begin. Dit moet ook gou afgehandel word, want die koste van niks doen nie, word gemeet in menselewens.”

Hy het die G7-lande bedank vir hul kollektiewe optrede om die wêreldwye gesondheidskrisis en verbintenis tot ’n beter, groener wêreld.

LEES OOK: DEEL TEGNOLOGIE VAN ENTSTOWWE GRATIS

Pres. Joe Biden van Amerika Saterdag in gesprek met pres. Cyril Ramaphosa met hul aankoms vir ’n werksessie tydens die G7-beraad in Carbis Bay, Cornwall. Foto: Reuters
Pres. Cyril Ramaphosa word Saterdag deur Boris Johnson, premier van Brittanje, in Cardis Bay, Cornwall verwelkom. Foto: Reuters


Meer oor:  G7-Beraad  |  Omgewing  |  Volhoubaarheid  |  Enstowwe  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.