Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril: ‘Beleggings nodig om lewensgehalte te verbeter’

Suid-Afrika word voortdurend ’n beter plek vir beleggers om sake in te doen.

So sê pres. Cyril Ramaphosa is sy jongste weeklikse nuusbrief From the Desk of the President.

Die president het sy nuusbrief uit Londen gestuur waar hy Maandag die hoofspreker op ’n Afrikaberaad van die finansiële dagblad The Financial Mail was.

Ramaphosa sê hoewel die beraad ver van die huis af is, is die beraad belangrik om die lewe van Suid-Afrikaners te verbeter.

Pres. Cyril Ramaphosa

Sakelui, beleggers en besluitnemers het die beraad bygewoon wat die sesde keer aangebied is.

“In alles wat ons doen om die ekonomie te laat groei is die doelwit om die lewe van Suid-Afrikaners te verbeter.

“Ons wil ’n inklusiewe ekonomie skep wat ’n groot invloed sal hê op die lewensgehalte van die armes en die werkersklasmense in die land.”

Hy sê sy regering probeer nie net werkgeleenthede skep nie, maar wil ook die lewenskoste verlaag. Dit sluit in laer pryse vir elektrisiteit, data, openbare vervoer, gesondheidsorg en onderwys.

Ramaphosa skryf om die ekonomie te laat groei is beleggings nodig.

“Ons gebruik elke moontlike geleentheid om met beleggers te praat oor die goeie sakegeleenthede wat Suid-Afrika en die res van Afrika bied.”

Ten einde beleggings te lok, moet Suid-Afrika dit makliker maak om sake hier te doen.

Die president sê dit is veelseggend dat Suid-Afrika se plek op die Wêreld- Ekonomiese Forum se mededingendheidsverslag vir 2019 met sewe plekke verbeter het. “Dit is ’n merkwaardige prestasie in so ’n kort tydperk.”

Behalwe dat dit baie belangrik is om regstreekse buitelandse beleggings te lok, is dit net so belangrik dat die land ’n generasie nuwe Suid-Afrikaanse maatskappye op die been bring.

“Die beste manier om armoede te pak en werkgeleenthede te skep is om ekonomiese geleenthede in townships en landelike gebiede te skep. Dit sal mense in staat stel om hul eie ondernemings te begin,” sê Ramaphosa.

“Ons is besig om dit makliker te maak om ondernemings te begin, eiendom te registreer, konstruksiepermitte te bekom, belasting te betaal en oor grense heen sake te doen.

“Om doeltreffendheid te bevorder, verkort ons die tyd waarin lisensies en permitte bekom word,” skryf die president.

“Tegnologie bied groot geleenthede om koste te verminder en doeltreffendheid te bevorder. Besoekers aan ons land sal byvoorbeeld binnekort aanlyn aansoek om visums kan doen.”

Meer oor:  Ekonomie  |  Ramaphosa  |  Nuusbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.