Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril ‘bult spiere’ met regstreekse uitsending

Pres. Cyril Ramaphosa wou met die regstreekse uitsending van sy slotrede op die vergadering en lekgotla van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) wys dat hy in beheer van die regerende party is en voortaan baie meer beslissend sal optree.

So meen politieke kenners met wie Netwerk24 gepraat het nadat Ramaphosa in ’n ongewone stap Maandagmiddag sy afsluitingstoespraak van die NUK se lekgotla regstreeks op televisie laat uitsaai het.

Dit is ongewoon dat joernaliste enige aspek van die NUK-vergaderings of -lekgotlas mag bywoon.

Ace Magashule, ANC sekretaris-generaal, hou gewoonlik ’n dag ná so NUK-byeenkoms ’n nuuskonferensie waarop hy ’n opsomming van al die sleutelbesluite bekend maak.

Ramaphosa was die laaste ruk onder groot openbare druk weens die Eskom-krisis, die toenemende oproepe op hom om Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, af te dank en om duidelikheid te gee oor die onafhanklikheid van die Reserwebank ná die omstrede reeks twiets deur Tito Mboweni, minister van finansies, daaroor.

Dit kom voor as ’n poging deur die president om sy posisie te laat geld, veral ná soveel berigte en dinge wat twyfel veroorsaak het oor waar die sentrum is en of die sentrum nog hou. Ek dink dit kan die begin wees van ’n president wat baie meer sigbaar en beslissend is.

Ramaphosa het aan die einde van sy slotrede in ’n ligte luim almal bedank wat aan die lekgotla deelgeneem het en opgemerk dat dit verrykend en inspirerend was.

“Baie het gedink die lekgotla sal in argumente, ’n bakleiery, uitlopery, sitstakings en betogings verval. Ek is jammer om hulle teleur te stel, want dit is die beste forum wat dui op die eenheid in ons beweging … hierdeur is ons in staat om aan die land te wys dat ons bereid is om die land te dien en dat die besprekings wat hier plaasgevind het, gemik was op niks anders as nie as om die belange van alle Suid-Afrikaners te bevorder,” het hy onder applous gesê.

Prof. Somadoda Fikeni, politieke ontleder aan Unisa, het gesê daar was vroeër baie klagtes dat Ramaphosa nie beslissend optree nie en dat ander binne die ANC dalk die oorhand gekry het.

“Ek dink hy het dit dalk gesien as ’n geleentheid om meer sigbaar te wees en op die voorgrond te tree.

“Dit kom voor as ’n poging deur die president om sy posisie te laat geld, veral ná soveel berigte en dinge wat twyfel veroorsaak het oor waar die sentrum is en of die sentrum nog hou. Ek dink dit kan die begin wees van ’n president wat baie meer sigbaar en beslissend is,” het Fikeni gesê.

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit, sê die feit dat Ramaphosa sy slotrede regstreeks laat uitsaai het, wys dat hy ’n tydelike oorwinning in die NUK behaal het.

Dit kan ook as sy sielkundige en politieke voorbereiding van sy komende staatsrede beskou word wat baie rigtinggewend sal moet wees.

“Hy was die laaste tyd onder groot druk. Sy lyftaal wys hy het die geveg gewen en voel tans in beheer van die ANC. Hy wou ook seker maak dat dit wat hy aankondig die media eerstehands bereik.

“Dit kan ook as sy sielkundige en politieke voorbereiding van sy komende staatsrede beskou word wat baie rigtinggewend sal moet wees.”

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Lekgotla
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.