Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril by G20: ‘Grond sal nie beleggings bedreig’
Pres. Cyril RamaphosaFoto: Argief

Oorsese sakelui wat in Suid-Afrika wil belê kan gerus wees dat die grondkwessie nie hul beleggings gaan bedreig nie.

Dít was Saterdag deel van pres. Cyril Ramaphosa se boodskap by die laaste dag van die G20-leiersberaad in Osaka, Japan.

Hy het in sy toespraak verwys na ’n toenemende belangstelling in die land onder beleggers wêreldwyd en Suid-Afrika se ekonomie wat ’n nuwe era betree.

“Ek wil julle gerusstel dat die grondkwessie gepak sal word, maar ons gaan dit binne die grense van ons grondwet doen en verseker dit word in terme van ons regsreëls hanteer.”

Die president sê die land betree ’n nuwe era, as ’n “entrepreneuriese staat”, met sakevertroue en beleggersentiment wat toeneem.

Hy het Suid-Afrika beskryf as die poort na die res van Afrika, veral nadat die vasteland se leiers besluit het om ’n vrye handelsgebied te skep.

Ramaphosa het Japanners na Suid-Afrika genooi om ook die 'wonderlike profyt' te proe wat hulle as beleggers kan maak.

Ramaphosa sê bloot die feit dat só ’n mark nou in werking is en sakelui in staat is om vryelik tussen lande handel te dryf, “plaas Suid-Afrika in ’n bevoordeelde posisie as die mees geïndustrialiseerde land op die vasteland.” Hy het Japanners na Suid-Afrika genooi om ook die “wonderlike profyt” te proe wat hulle as beleggers kan maak.

Die president het Vrydag skouers geskuur met ander wêreldleiers soos pres. Donald Trump van Amerika, Theresa May, uittredende Britse premier, die Duitse kanselier, Angela Merkel, en Narendra Modi, premier van Indië, wat ook die beraad, onder die voorsitterskap van Shinzo Abe, premier van Japan, bywoon.

Ramaphosa het Japanners na Suid-Afrika genooi om ook die “wonderlike profyt” te proe wat hulle as beleggers kan maak.

Dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sê met die beraad vanjaar kyk Japan veral na hoe leiers die ontwikkeling van die vierde nywerheidsrevolusie kan gebruik om volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te kan bevorder.

“Wat die G20 doen is om die grootste ekonomieë in die wêreld ’n geleentheid te bied om munt te slaan uit oplossings vir omkeerbare probleme.”

Kyk hier na die volledige toespraak:

https://www.pscp.tv/w/1gqGvVpVRLBGB?t=13m18s

Meer oor:  Osaka  |  President Cyril Ramaphosa  |  G20
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.