Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril en sakelui praat oor hoe om te herstel van onluste

Daar is feitlik geen deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie wat nie deur die onlangse geweld geraak is nie, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag op ’n virtuele vergadering met sakeleiers gesê.

Die doel van die vergadering was om inligting te deel oor die uitdagings vir belangrike sektore van die ekonomie, om prioriteite en take te identifiseer en ooreen te kom oor maatreëls wat geneem moet word om die land te herbou en te herposisioneer.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Getty Images

Volgens Ramaphosa was die gebeure van die afgelope tien dae nie net verwoestend vir die ekonomie nie, maar ook vir individuele ondernemings, hul lewensonderhoud en vir die veiligheid van die land se burgers.

“Dit (die onluste) kom op ’n tydstip dat die ekonomie begin herstel het van die grootste inkrimping in baie dekades en werkloosheid die hoogste vlakke tot nog toe bereik het. Ons is steeds midde-in die koronaviruspandemie, wat sy tol eis op ons gesondheid, welstand en lewens.

“Daar is feitlik geen deel van die ekonomie wat nie deur die geweld geraak is nie, en daar is waarskynlik geen deel van die land wat nie die uitwerking in die een of ander vorm sal ervaar nie vanweë die wyse waarop ons voorsieningskettings werk,” het Ramaphosa gesê.

Volgens Ramaphosa is KwaZulu-Natal en Gauteng, die provinsies waar die onluste gewoed het, gesamentlik verantwoordelik vir 50% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) en die tuiste van 45% van alle Suid-Afrikaners.

“Die optrede was bedoel om die ekonomie te verlam, maatskaplike onstabiliteit te veroorsaak en die demokratiese staat erg te verswak – of selfs te verdryf,” het Ramaphosa gesê.

Hy het erken dat die regering nie voldoende voorbereid was op die grootskaalse geweld, vernietiging en plundering nie. Hoewel die reaksie van die veiligheidsmagte, volgens Ramaphosa, vinniger kon wees, “moet ons die personeel wat op die grond was, prys vir wat hulle onder moeilike en gevaarlike omstandighede kon doen”.

Daar is feitlik geen deel van die ekonomie wat nie deur die geweld geraak is nie, en daar is waarskynlik geen deel van die land wat nie die uitwerking in die een of ander vorm sal ervaar nie vanweë die wyse waarop ons voorsieningskettings werk.

Ramaphosa het kernprioriteite uitgelig, soos om stabiliteit in die provinsies te herstel en te handhaaf, om noodsaaklike voorrade te beveilig en om verligting te bied en te begin herbou.

“Ons vierde prioriteit is om inklusiewe ekonomiese herstel te versnel.

“Laat ons hierdie oomblik aangryp, nie net om die skade van die afgelope twee weke te herstel nie, maar om voort te gaan met fundamentele maatskaplike en ekonomiese transformasie. Laat ons alle nasionale hulpbronne en vermoëns mobiliseer – in die openbare en private sektor – om ons land te ontwikkel, ’n inklusiewe ekonomie te bou en maatskaplike samehorigheid te bevorder,” het hy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.