Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril gee sterk aanduiding vlak 2 kom

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag ’n sterk aanduiding gegee dat die staat van inperking afgeskaal sal word ná mediaberigte dat die land dalk nog vandeesweek na vlak 2 kan beweeg.

Ramaphosa het in ’n verklaring deur die presidensie gesê die ekonomiese verwoesting wat die koronavirus veroorsaak het, beteken dat daar nie op dieselfde manier as voorheen voortgegaan kan word nie.

Ramaphosa en verskeie kabinetslede het Woensdag ’n virtuele vergadering met lede van die Presidensiële Ekonomiese Raadgewende Raad gehou om oor die ekonomiese herstelplan te praat.

“Die raad het die regering se klem op werkskepping as die sleutelprioriteit ondersteun soos wat die land die koronavirus oorkom en dat alle beleidsingrypings gerig moet wees om bestaande werke te beskerm en nuwe werkgeleenthede op groot skaal te skep,” lui die presidensie se verklaring.

“Daar is ’n breë ooreenkoms oor waarop ons moet fokus. Die taak is nou om saam te werk om die aksies te implementeer wat die grootste effek op die werke en lewensbestaan van Suid-Afrikaners sal hê,” het Ramaphosa gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Twitter

Hy sal vandag met die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings en Arbeidsraad (Nedlac) se Forum vir Ekonomiese Herstel vergader. Die forum bring die regering, vakbonde, sakelui en ander belanghebbendes byeen om ’n plan vir die heropbou en die herstel van die ekonomie op te stel.

News24 het vroeër berig dat vier bronne na aan hom gesê het dat daar konsensus was op ’n vergadering van die Covid-19-bevelsraad sowel as die kabinet, wat albei Dinsdag vergader het, dat die tyd vir vlak 2 reg is.

Daar word glo nou erken dat die land tans te veel aan belasting verloor, terwyl hospitale nie oorweldig word soos wat vroeër gevrees is nie.

Dit wil boonop voorkom dat die land se infeksiekoers daal.

Voorstelle word glo ook oorweeg dat die verbod op alkohol en tabakprodukte opgehef word.

Die moontlikheid bestaan dat Ramaphosa die nasie oor moontlike wysigings kan toespreek voordat die nasionale ramptoestand Saterdag verstryk of verleng word.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Covid-19  |  Inperkings  |  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Vlak 2
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.