Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril gryp in by bekgeveg, eis oplossing vir e-tol

Pres. Cyril Ramaphosa het ingegryp by die sage van die e-tolstelsel in Gauteng wat dreig om die ANC nog verder te verdeel.

Ramaphosa het opdrag gegee dat Fikile Mbalula, minister van vervoer, Tito Mboweni, minister van finansies, en David Makhura, Gautengse premier, teen einde Augustus met ’n voorstel na die kabinet moet kom oor hoe die dooiepunt hieroor opgelos kan word.

Hy hoop gesprekke oor die kwessie sal ’n werkbare oplossing bring.

Ramaphosa, wat op pad Niger toe is vir ’n buitengewone vergadering van die Afrika-Unie Sondag oor die Afrika-vryehandelsgebied, se ingryping volg ná ’n bekgeveg op Twitter tussen Mboweni en Makhura oor die e-tolstelsel.

Premier David Makhura. Foto: Rosetta Msimango

Die ANC in Gauteng wil hê die stelsel moet geskrap word. Makhura het vandeesweek in sy provinsiale rede gesê planne is op dreef om dit te skrap.

Die presidensie het Saterdagmiddag in ’n verklaring gesê die president het kennis geneem van die “uiters onnodige en betreurenswaardige” openbare twis tussen Mboweni en die Gautengse provinsiale regering.

Ramaphosa sê sodanige twiste op sosiale media is onvanpas vir mense op dié vlak van regering. Hulle behoort eerder leiding te gee.

Tito Mboweni, Minister van finansies

Die openbare belang word die beste gedien deur samewerking en nie deur konflik nie. Daar is ander forums waarop geskille bygelê kan word.

Die bekgeveg oor die e-tolstelsel het Vrydagmiddag begin toe Mboweni op Twitter uitgevaar het oor Makhura se planne om die stelsel te skrap.

Hy het later hierop voortborduur en gesê die premier van Gauteng besef hy moet versigtig wees om nie ’n geveg met die minister van finansies uit te lok nie.

“Die minister heers oor alle geldbesteding. Ek sal versigtig wees as ek hy is.”

Mboweni hou vol die gebruiker moet betaal.

Hy het ook op Twitter geskryf: “Wanneer jy in ’n tolpad-stelsel belê, verwag jy ’n opbrengs vir baie jare wat voorlê, nie die koste van jou beleggings vandag nie. Dit is wat jy in sake doen. Premier Makhura, is dit reg?”

Tasneem Motara, Gautengse LUR vir infrastruktuur, ontwikkeling en eiendomsbestuur, het op Twitter gesê Mboweni het haar oor die saak gebel.

Makhura het op sy beurt getwiet: “Ek het die kwessie van die e-tolselsel na Ramaphosa verwys vir ’n finale besluit. My interaksies met hom en min. Mbalula is baie positief.

“Min. Mboweni kan aanhou om te twiet as hy kosmaak; hy is ’n minister, nie die president nie.”

Mboweni is bekend daarom dat hy graag twiet oor die geregte wat hy maak wanneer hy kook.

Intussen het Cosatu, ’n alliansie-vennoot van die ANC, ook van hom laat hoor. Die vakverbond sê Mboweni moet ophou om die mense van Gauteng te ondermyn

Sy geduld met Mboweni is aan die uitloop. “Cosatu wil hom waarsku dat as hy soos die Guptas wil optree, sal hy soos die Guptas behandel word.”

Ramaphosa gee toe die stelsel in sy huidige formaat “bied uitdagings”.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  David Makhura  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.