Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Cyril het staatsrede vir hele nasie gelewer’

In pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede Donderdagaand was daar ’n realisme en dringendheid wat voorheen in die presidensie ontbreek het, sê die FW de Klerk-stigting.

Dié stigting sê Vrydag in ’n verklaring Ramaphosa het geklink of hy die staatsrede vir die hele nasie gelewer het en dat hy met alle Suid-Afrikaners gepraat het.

Oudpres. FW de Klerk

Die 82-jarige De Klerk het nie die staatsrede in die parlement bygewoon nie omdat hy oorsee is waar hy ’n reeks toesprake gaan lewer, sê dr. Theuns Eloff, uitvoerende hoof van die FW de Klerk-stigting.

Die stigting sê hoewel hy bekommerd is oor sekere aspekte van die staatsrede - soos grondonteiening sonder vergoeding en die “entoesiasme oor die katastrofiese Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering”, is daar baie waarmee hy tevrede is.

Die stigting sê hy verwelkom die herinstelling van ’n nasionale veiligheidsraad wat deur die president gelei sal word om “rebelle in die intelligensieagentskap” in te katrol.

Die herinstelling van ’n spesiale ondersoekdirektoraat (soortgelyk aan die eertydse Skerpioene) in die kantoor van die nasionale direkteur van openbare vervolgings, wat sal fokus op ernstige korrupsie en soortgelyke misdade, is ook goeie nuus.

Hy verwelkom ook dat die eerste tekens daar is van die moontlike gedeeltelike privatisering van Eskom.

“Dit het geklink of hy (Ramaphosa) reeds begin werk maak het van die taak wat op hom en alle Suid-Afrikaners ná 8 Mei (verkiesingsdag) wag.

“Die groot vraag is natuurlik of hy die stryd in sy eie party, wat steeds in ’n oorlog met hom is, sal wen en of hy die staat kan regruk om hom te ondersteun. In hierdie stadium is dit alles groot onsekerhede,” sê die stigting.

“Aan die einde van sy staatsrede het hy gepraat van ’n toekoms waarmee alle Suid-Afrikaners kan identifiseer – ’n toekoms waarin elke man, vrou en kind die geleentheid sal kry vir ’n beter lewe – nie toeëiening nie.

“Hy praat van ’n Suid-Afrika wat die probleme van die verlede erken, maar sy oë op die toekoms gerig hou en nie heeltyd die verlede oproep en apartheid die skuld vir alles gee nie.”

Meer oor:  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Reaksie  |  Staatsrede 2019  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.