Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril koukus met ANC: Gaan Gigaba se kop rol?

Pres. Cyril Ramaphosa spreek Dinsdagoggend die ANC op ’n buitengewone koukusvergadering toe wat vir die eerste keer oop sal wees vir die media.

Die ANC het Dinsdagoggend aangekondig dat Ramaphosa sowel as Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, by die vergadering van sowat 240 ANC-LP’s sal wees.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Deaan Vivier, Argief

Dié stap is ongewoon omdat koukusvergadering tradisioneel agter geslote deure sal plaasvind. Boonop vind koukusvergadering gewoonlik op ’n Donderdag plaas.

Die koukus sal politieke insette van nasionale ANC-leiers ontvang van kwessies wat spruit uit Saterdag se vergadering van die nasionale uitvoerende komitee (NUK).

Bespiegelinge het Dinsdagoggend ontstaan dat Ramaphosa moontlik skuiwe in sy kabinet kan aankondig in die lig van verwikkelinge rondom die beleërde Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake. Dit sal egter ongewoon wees omdat sulke aankondigings gewoonlik vanaf die Uniegebou gemaak word.

Die vergadering kom ’n paar uur voordat Ramaphosa vir die laaste keer vanjaar vrae in die Nasionale Vergadering sal beantwoord.

Die vrae handel onder meer oor die gebeure by VBS Mutual Bank, die ekonomiese stimuluspakket, planne om meer as 90% van geweldsmisdade uit te roei, gewelddadige betogings deur gemeenskappe, die land se leningsooreenkoms met China en maatskaplike kohesie.

Meer oor:  Parlement  |  Anc  |  Koukus  |  Malusi Gigaba  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.