Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril kry nóg uitstel oor Bosasa-skenking

Pres. Cyril Ramaphosa het nou nóg ’n week kans om antwoorde aan adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), te verskaf vir haar ondersoek teen hom ná ’n skenking van R500 000 van die omstrede dienste-maatskappy Bosasa.

Mkhwebane se kantoor het dit Vrydag bevestig. Ramaphosa het tot Vrydag gehad om sy weergawe te verskaf.

“Ná die besluit om die president ’n verlenging tot 21 Junie te gee, het hy nóg ’n versoek vir ’n verlenging tot 28 Junie versoek,” het Oupa Segalwe, OB-woordvoerder, gesê.

Adv. Busisiwe MkhwebaneFoto: CONRAD BORNMAN

“Die OB het dit toegestaan en aangedui dat hy binnekort op die kennisgewing ingevolge art. 7 (9) (van die OB-wet) moet reageer.”

Só ’n kennisgewing stel iemand formeel in kennis dat die OB se kantoor inligting het wat hulle kan impliseer by wandade en gee hulle die geleentheid om daarop te reageer.

Vroeër is berig hoe die Sunday Independent, wat die voorlopige verslag onder oë gehad het, verlede Sondag berig het dat Mkhwebane glo bevind het dat Ramaphosa die parlement “onopsetlik mislei” en nagelaat het om ’n Bosasa-skenking van R500 000 vir sy ANC-presidentveldtog in 2017 te verklaar.

Sy het luidens die berig ook bevind dat Ramaphosa die Grondwet en die etiese gedragskode vir die uitvoerende gesag geskend het en dalk by geldwassery betrokke kan wees omdat die skenking van Gavin Watson, uitvoerende hoof van Bosasa, deur middel van verskeie tussengangers gemaak is.

Haar ondersoek het gevolg op ’n versoek deur die DA en die EFF nadat Ramaphosa in November verlede jaar in die Nasionale Vergadering (NV) gereageer het op ’n vraag van Maimane oor die Bosasa-skenking.

Daar is vroeër ook berig hoe Ramaphosa vir Mkhwebane versoek het om Mmusi Maimane, DA-leier, en ander getuies in die ondersoek te ondervra.

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Cyril Ramaphosa  |  Bosasa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.