Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril kry verslag oor Jiba, Mrwebi

Oudregter Yvonne Mokgoro het haar verslag oor die geskiktheid van die senior aanklaers Nomcobo Jiba en Lawrence Mrwebi om vir die staat te werk aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig.

Yvonne Mokgoro
Oudregter Yvonne Mokgoro Foto: Muntu Vilakazi

Mokgoro sal Ramaphosa later vandeesweek amptelik voorlig oor haar verslag, het Bongiwe Gambu, woordvoerder van die kommissie, Maandag gesê.

“Die verslag is voltooi ná ses weke waarin getuienis aangehoor is oor belangrike vrae oor die gedrag van die twee advokate soos bepaal in die riglyne van die ondersoek,” het Gambu gesê.

Besonderhede van die ontmoeting sal later bekend gemaak word, sê Gambu.

Jiba en Mrwebi is in Oktober geskors nadat Ramaphosa ondersoek laat instel het na hul bevoegdheid om vir die staat te werk.

Jiba is die nasionale adjunkdirekteur van openbare vervolgings en Mrwebi die hoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid in die nasionale vervolgingsgesag.

Die verslag behoort antwoorde te gee op Ramaphosa se vrae of Jiba hofprosesse eerbiedig het en die verrigtinge laat verloop het soos dit voorgeskryf is.

Die verslag gaan ook daaroor of Mrwebi paslik en geskik is om ’n pos as aanklaer te beklee, of hy sy verantwoordelikheid in sy pos korrek uitgevoer het en of hy “ten alle tye sonder vrees, partydigheid of vooroordeel opgetree het”.

In ’n brief wat Ramaphosa vroeër aan Jiba en Mrwebi geskryf het, het hy gesê hy neem die ernstige klagte in ag dat hulle ongeskik is vir die hoë poste wat hulle beklee waarin hulle moet toesien dat die strafregstelsel toegepas word in alle vervolgings, veral vervolgings in korrupsiesake en die beskerming van die staat se geldsake.

Die appèlhof het verlede jaar ’n beslissing van die hooggeregshof in Johannesburg omvergewerp dat Jiba en Mrwebi van die rol van advokate geskrap moet word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.