Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril lei vergadering oor ekonomiese herstel

Pres. Cyril Ramaphosa lei Dinsdag ’n vergadering van die nasionale ekonomiese ontwikkelings- en arbeidsraad (Nedlac) oor die vordering met ’n nasionale ekonomiese herstelplan.

Die presidensie sê in ’n verklaring die Nedlac-vergadering volg op die vergadering wat op 13 Augustus gehou is waar “maatskaplike vennote” voorstelle ter tafel gelê het. Die vennote, wat die regering, sakelui, arbeid en die gemeenskap insluit, het die laaste paar weke vergader om ’n gemeenskaplike benadering te ontwikkel om die ekonomie te herbou na die koronavirus-pandemie.

Die president sal ook ’n virtuele vergadering van sy koördineringsraad lei wat na verwagting ’n verslag van die nasionale koronavirus-bevelsraad sal bespreek.

Adj.pres. David Mabusa is medevoorsitter van die president se koördineringsraad wat ministers, premiers en die leiers van die Suid-Afrikaanse plaaslike regeringsvereniging (Salga) byeenbring.

News24 berig daar sal moontlik ook op die vergadering bespreek word of die land na vlak 1 van die nasionale staat van inperking kan afskaal.

Tydens ’n vraag- en antwoordsessie met die media verlede week het Ramaphosa daarop gesinspeel dat afskaling na vlak 1 ’n moontlikheid is.

Meer oor:  Koronavirus  |  Vlak 1  |  Cyril Ramaphosa  |  Nedlac  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.