Die ANC-lekgotla het besluit dat daar ’n ekonomiese beraad sal plaasvind om te bespreek wat Covid-19 aan die mense van die land gedoen het.
Die beraad moet fokus op swart ekonomiese bemagtiging in die breë, die transformasie van eienaarskap en die aard van eienaarskap in die ekonomie.
Die ANC en sy alliansievennote sal ’n dringende slypskool oor klimaatsverandering aanbied wat beleid kan bepaal.
Daar is ook gepraat oor die beskikbaarstelling van spektrum en die Onafhanklike Kommunikasieowerheid (Okosa) hanteer dit.
Die lekgotla maan Okosa om die lisensieproses te versnel.
Die aansoekers moet voldoen aan die bemagtigingsvereistes soos uiteengesit in die wet.
Dit moet datakoste verlaag en mededinging moet verbeter.