Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril loof politieke partye in Lesotho oor forum

Pres. Cyril Ramaphosa het politieke partye in Lesotho gelukgewens met hul ooreenkoms om ’n wetgewende forum te stig wat politieke hervorming in dié land sal koördineer.

Pres. Cyril Ramaphosa met sy aankoms Donderdag vir ’n werkbesoek aan Lesotho. Foto: GCSI

Ramaphosa was Donderdag op ’n werkbesoek aan dié bergkoninkryk.

Die partye het Donderdag die ooreenkoms geteken om die forum te stig.

Die Suid-Afrikaanse staatshoof is die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se fasiliteerder vir Lesotho.

Dié land gaan geruime tyd reeds gebuk onder politieke onmin.

Thomas Thabane, Lesotho se eerste minister, het Ramaphosa verseker dat sy koalisieregering hom tot die inwerkingstelling van hervormings verbind.

Ramaphosa het kort ná sy aankoms in Maseru ’n welwillendheidsbesoek by koning Letsie III in sy paleis afgelê.

Ramaphosa sal volgende maand aan die leiers van die SAOG oor die situasie in Lesotho terugvoering gee.

Oudregter Dikgang Moseneke is Ramaphosa se spesiale gesant in dié land.

Die president was op sy besoek vergesel van Ayanda Dlodlo, minister van staatsveiligheid, Candith Mashego-Dlamini, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, Thabang Makwetla, adjunkminister van verdediging en militêre veterane, en Zizi Kodwa, adjunkminister van staatsveiligheid.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Lesotho
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.