Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril maak skoon

’n Nuwe, kleiner kabinet vir ’n nuwe begin.

Pres. Cyril Ramaphosa het gister-aand sy nuwe kabinet in die Unie-gebou aangekondig.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand in Pretoria sy woord gestand gedoen deur ’n verkleinde kabinet aan te kondig en voormalige ministers wat by bewerings van staatskaping betrek is weg te laat.

Hy het die kabinet van 36 tot 28 verklein en verras met sy insluiting van Patricia de Lille, leier van die Good-party, as minister van openbare werke en infrastruktuur.

Hy het gesê Suid-Afrikaners het tydens die verkiesing ’n duidelike mandaat aan sy administrasie gegee om ekonomiese groei te bevorder, armoede te verlig, korrupsie te beveg en staatskaping te beëindig.

“Om aan dié mandaat gehoor te gee, het Suid-Afrika ’n doeltreffende en etiese regering nodig.”

Hy het gesê die regering was voorheen “opgeblaas” en dat die grootte en struktuur van die kabinet aangepas moet word om te voldoen aan nuwe vereistes.

Van die veranderings wat aangebring is, is die samevoeging van die volgende departemente:

  • Handel en nywerheid met ekonomiese ontwikkeling;
  • Hoër onderwys met wetenskap en tegnologie;
  • Landbou met grondhervorming en landelike ontwikkeling;
  • Energie en mineralebronne met sport en ontspanning; en
  • Infrastruktuurontwikkeling met openbare werke.
UIT:Bathabile Dlamini
IN: Patricia de Lille
UIT: Jeff Radebe

Ramaphosa het gesê om doeltreffende vordering te maak, het Suid-Afrika leiers nodig wat verbind is tot die land se doelwitte, bekwaam en hardwerkend is en mense met integriteit.

Die nuwe kabinet is só saamgestel:

  • Angie Motshekga, minister van basiese onderwys;
  • Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie;
  • Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake;
  • Tito Mboweni, minister van finansies;
  • Dr. Zweli Mkize, minister van gesondheid;
  • Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings;
  • Gwede Mantashe, minister van energie en minerale;
  • Patricia de Lille; minister van openbare werke;
  • Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings;
  • David Mabuza, adjunkpresident;
  • Thoko Didiza, minister van landbou;
  • Naledi Pandor, minister van buitelandse sake;
  • Ronald Lamola, minister van justisie;
  • Bheki Cele, minister van polisie;
  • Jackson Mthembu, minister in die presidensie;
  • Maite Nkoana-Mashabane, minister van vroue in die presidensie;
  • Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane;
  • Barbara Creecy, minister van omgewingsake;
  • Thulas Nxesi, minister van werkskepping en arbeid;
  • Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding;
  • Khumbudzo Ntshavheni, minister van kleinsakeontwikkeling;
  • Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling;
  • Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur;
  • Ayanda Dlodlo, minister van staatsveiligheid;
  • Nkhensani Kubayi-Ngubane, minister van toerisme;
  • Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid;
  • Fikile Mbalula, minister van vervoer; en
  • Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake.

Die aankondiging van die nuwe kabinet sou aanvanklik om 20:00 plaasgevind het, maar dit is op die nippertjie uitgestel omdat Ramaphosa glo nog van die nuwe ministers moes konsulteer.

Die rand het gisteraand, in aanloop tot Ramaphosa se aankondiging, die pas markeer. ’n Dollar sou omstreeks 20:30 R14,72 kos nadat dit vroeër by R14,89 gedraai het – die swakste vlak in sewe maande.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Pretoria  |  Ministers  |  Kabinet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.