Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril: ‘Moenie aan grond vasklou nie’

Grond in Suid-Afrika moet herverdeel word, anders gaan daar nie stabiliteit in Suid-Afrika wees nie.

So het pres. Cyril Ramaphosa gister in vraetyd in die Nasionale Vergadering gereageer op ’n stelling deur dr. Pieter Groenewald, VF-Plus-leier, dat “die boodskap van boere is dat hulle nie vrywillig van hul grond afstand sal doen nie”.

Dan Kriek van Agri SA.

Groenewald het gesê hy verskil met Ramaphosa en glo nie dat grondonteiening sonder vergoeding die grondhervormingsproses sal bespoedig nie.

“Daar is ook ’n boodskap van ander boere. Hul boodskap is dat hulle nie vrywillig sal afstand doen van hul grond nie.”

Ramaphosa het gesê daar moet verseker word dat transformasie in die land plaasvind.

“Ons moet ook verseker dat ontwikkeling plaasvind en ons moet ook sorg dat daar stabiliteit is. Dié drie dinge is baie belangrik as ons wil hê dat Suid-Afrika moet vooruitgaan. As ons nie transformeer nie, sal daar nie stabiliteit wees nie.

“Tensy daar grondherverdeling in die land is, sal ons nie stabiliteit hê nie. Diegene wat sê ons wil aan ons grond vashou, sal dalk net aan iets vashou wat nie meer bestaan nie.

“So, ons moet as leiers verseker dat ons transformeer. Transformasie móét die herverdeling van grond beteken, want daar is ’n historiese ongeregtigheid wat baie jare gelede plaasgevind het. Die wond hou aan sweer.”

Die president het sy seën daaroor uitgespreek en sê hy sal ons ondersteun. Hy wil van ons ’n plan hê vir hoe landbou by die ekonomiese groei van Suid-Afrika kan inskakel.

Ramaphosa het ook groot lof gehad vir landbou-organisasies, soos Agri SA, “wat bereid is om te verseker dat ontwikkeling deur middel van die grondhervormingsprogram plaasvind”.

Dan Kriek, president van Agri SA. het ook gister op Agri Limpopo se kongres in Modimolle die versekering gegee dat baie voor én agter die skerms gebeur en gevra dat boere gerus moet wees en dat hulle Agri SA kan vertrou om hul belange te beskerm.

Kriek het eergister met Ramaphosa en dr. Nko­sazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie, in Kaapstad vergader.

Kriek het ’n voorlegging aan Ramaphosa gedoen.

“Ons sal ons gesprekke met die ANC laat momentum kry en uitbou tot waar ons prosesse aan die gang kry wat tot resultate lei.

Dr. Roelof Botha

“Die temperatuur op grondvlak is nou te warm en die onsekerheid te groot. Daarom moet ons nou rasioneel optree,” het hy gesê.

’n Afvaardiging van Agri SA het ook Dinsdag met ’n ANC-afvaardiging onder leiding van adj.pres. David Mabuza in Sandton, Johannesburg, gepraat.

“Dit is nie die eerste gesprek wat ons met hulle (die ANC en die regering) gehad het nie en dit sal ook nie die laaste wees nie. Ons is nou verby die tyd van melktert en tee. Daar is nou ernstige sake en belangrike kwessies waaraan ons aandag moet gee.”

Kriek sê albei vergaderings het goed verloop. 

“Wat gesê moes word, is gesê en dit het die weg gebaan sodat rasionele mense met rasionale mense kan praat oor hoe om die ekonomie aan die groei te kry. 

“Die president weet dit is uiters belangrik dat die ekonomie groei.

“Dwarsdeur my aanbieding gister (Dinsdag) kon ek sien hy verstaan landbou baie goed,” sê Kriek.

Die vier grootste landbou-organisasies (wit en swart) in die land het Maandag ’n ooreenkoms onderteken om ’n proses 
te begin om as die boere van Suid-Afrika die toekoms van Suid-Afrikaanse landbou te bepaal.

“Die president het sy seën daaroor uitgespreek en sê hy sal ons ondersteun. Hy wil van ons ’n plan hê vir hoe landbou by die ekonomiese groei van Suid-Afrika kan inskakel,” sê Kriek.

“Daar is ’n wanopvatting in Suid-Afrika dat ons grondhervorming nie kan laat slaag nie en dat die land se boere nie in grondhervorming glo nie. Niks kan verder van die waarheid wees nie.” 

Die ekonoom dr. Roelof Botha sê Ramaphosa se hande moet sterk gemaak word, want dit gaan hom tien jaar neem om “die gemors wat (oudpres. Jacob) Zuma aangevang het” ongedaan te maak. “Ons moet ’n bie­tjie geduldig wees.” 

60% teen wysiging

Sowat 60% van die 150 000 geskrewe voorleggings wat al ontleed is, is gekant teen die wysiging van die Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak. 

Die res is ten gunste daarvan en net ’n klein persentasie (sowat 402) is besluiteloos.

Meer as 300 000 geskrewe voorleggings moet nog ontleed word, berig Philda Essop uit die parlement.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Roelof Botha  |  Dan Kriek  |  Grond  |  Grondonteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.