Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Cyril moet ingryp by binnegevegte in Oos-Kaap’

Pres. Cyril Ramaphosa moet ingryp by die ANC se binnegevegte in die Oos-Kaap as hy wil hê die party moet die verkiesing aanstaande jaar daar wen, sê streekleiers in die Nelson Mandelabaai-gebied.

“Hy moet die ANC-takke kom toespreek,” sê Ayanda Simayi, leier van die ANC in die streek.

Hy het lede van takke in Nelson Mandelabaai Woensdag opdrag gegee om Lulama Ngcukayitobi, provinsiale sekretaris, toegang tot die ANC-kantoor in Florence Matomela-huis in Port Elizabeth te weier.

Ngcukayitobi was daar om ’n taakspan saam te stel toe die kantoor se deure vir hom gesluit is.

Jesse Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het Woensdag met die party se Oos-Kaapse leiers vergader en sal Maandag ’n verslag oor die binnegevegte aan die party se nasionale werkkomitee (NWK) voorlê.

Jesse Duarte

Sy het Woensdag ná ’n weke lange moddergooiery tussen die streek- en provinsiale leierskorps in die gebied samesprekings met die streekleiers van Nelson Mandelabaai gevoer.

’n Bron in die topvyf in die streek sê hulle het met Duarte gepraat oor die onlangse besluit van die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) om die streekleierskap te ontbind. Die bron het gesê Duarte is “simpatiek jeens die streek” en dat die kwessie op Maandag se NWK-vergadering bespreek gaan word.

Die verhouding tussen die streek en die provinsie, wat gelei word deur Oscar Mabuyane, is op sy swakste nóg nadat die PUK aangekondig het dat hy die streek se uitvoerende komitee ontbind.

Die streekleierskap was so kwaad hieroor dat hy Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, skriftelik gevra het om in te gryp.

Magashule het die provinsiale leierskap onder leiding van Mabuyane op 25 Oktober die kop gewas en aangedring dat sulke ontbindings nie in die verkiesingstyd gebeur nie.

“Duarte het begrip vir ons standpunt. Daar is aan haar gesê dat faksiegevegte steeds in die pad van vooruitgang in die provinsie staan en dat die PUK daarvoor verantwoordelik is,” het die bron gesê.

Simayi het gesê die streek wil hê die NUK moet Sbu Ndebele terugbring om weer die ANC se provinsiale verkiesings van verlede jaar te ondersoek.

“As dinge normaal was, sou die NUK beveel het dat dit oorgedoen word. Dit is waarom ons sê Ndebele moet terugkom. Ons het nou by die punt gekom waar die

NUK kyk na sy eie magsbalans en ons in die proses versaak.”

Die Ndebele-verslag oor die omstrede Oos-Kaapse verkiesingskonferensie het aanbeveel dat die nuwe PUK onder Mabuyane se leierskap ontbind word en dat ’n tussentydse struktuur daargestel word tot ’n nuwe verkiesingskonferensie binne drie maande gehou kan word. Die NUK het egter nie die verslag aanvaar nie.

Simayi meen Ramaphosa moet nou ingryp om die stryd in die Oos-Kaap op te los.

“As die mense in die PUK so aangaan, gaan ons verloor.”

Meer oor:  Jesse Duarte  |  Cyril Ramaphosa  |  Oos-Kaap  |  Binnegevegte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.