Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril moet self kom sê oor tenders aan ANC-mense
John Steenhuisen, waarnemende DA-leier. Foto: Felix Dlangamandla

Pres. Cyril Ramaphosa moet sélf in die parlement kom praat oor die Covid-19-tenders wat na bewering aan mense gegaan het met noue ANC-bande, sê John Steenhuisen, tussentydse DA-leier.

“Selfs al was dit heeltemal voorspelbaar, is die manier hoe mense met ANC-verbintenisse Covid-19-tenders ingepalm het, ’n vuil vlek op Suid-Afrika in dié krisistyd,” sê Steenhuisen.

Hy gaan aan die speaker van die Nasionale Vergadering skryf en ’n blitsdebat aanvra waar Ramaphosa antwoorde moet gee en sê presies hoe hy teen elkeen gaan optree. Nie net omdat dit die regte ding is om te doen nie, maar omdat Ramaphosa vier maande gelede, op 23 Maart, juis gesê het daar sal streng opgetree word teen dié soort korrupsie, sê Steenhuisen in ’n verklaring.

Hy het verwys na die beweerde gevalle van tenders aan familielede van hoë ANC-politici wat in die laaste paar dae aan die lig gekom het, en gesê as ’n mens kyk hoe die nuus instroom oor beweerde korrupsie met Covid-19-tenders, is dit moontlik dat daar nog baie meer sulke gevalle is.

Steenhuisen het vier beweerde gevalle uitgesonder:

• Ramaphosa se seun Andile het ’n kontrak verkry van R6 miljoen om Gautengse taxi’s só te omskep dat hulle voldoen aan Covid-19-regulasies;

• Thandisiwe Diko, die eggenoot van Ramaphosa se woordvoerder, Khusela Diko, word verbind met ’n kontrak van R125 miljoen vir die verkryging van persoonlike beskermende toerusting;

• Ace Magashule, ANC-sekretaris, se twee seuns, Tshepiso en Thato, het in die Vrystaat kontrakte vir R2,7 miljoen gekry wat verband hou met Covid-19; en

• Nomvula Mokonyane, voormalige minister, se dogter Katleho het met ’n maatskappy wat net ses maande oud is, ’n kontrak van R3 miljoen ingepalm vir die verskaffing van persoonlike beskermende toerusting.

Steenhuisen sê as dit die inligting is oor die familie van ANC-lede met ’n hoë profiel, kan ’n mens net raai hoe die prentjie verder lyk in provinsies en munisipaliteite waar die ANC in beheer is.

Die ANC het keer op keer gewys hy kan homself net eenvoudig nie help nie. Waar daar staatsbeheerde geld is, sal daar ook kaders wees wat ander sal wegstoot om self te gryp wat hulle kan. Die aantrekkingskrag van miljarde rand wat geoormerk is om te help in die tyd van nood met die Covid-19-pandemie, was net te moeilik om te weerstaan – ongeag Ramaphosa se belofte in Maart,

“Die ANC het keer op keer gewys hy kan homself net eenvoudig nie help nie. Waar daar staatsbeheerde geld is, sal daar ook kaders wees wat ander sal wegstoot om self te gryp wat hulle kan. Die aantrekkingskrag van miljarde rand wat geoormerk is om te help in die tyd van nood met die Covid-19-pandemie, was net te moeilik om te weerstaan – ongeag Ramaphosa se belofte in Maart,” sê Steenhuisen.

Hy sê die res van die wêreld hoef net die pandemie te beveg, maar in Suid-Afrika moet daar ook teen die epidemie van ANC-korrupsie geveg word.

Steenhuisen het gesê die geskiedenis van diegene wat nou betrek word by tenderkorrupsie, moenie misgekyk word nie.

Daar is steeds die kwessie van Bosasa se betalings aan dieselfde Andile Ramaphosa wat gedoen is die oomblik toe sy pa president geword het.

Tshepiso en Thato Magashule was ook betrokke by hul pa se handelinge in die Vrystaat met die Guptas.

Ook Katleho Mokonyane het vir Gavin Watson van Bosasa gewerk en het soos haar ma, Nomvula, na bewering omkoopgeld gekry in ruil vir politieke invloed.

Volgens Steenhuisen moet die Wes-Kaap as voorbeeld gebruik word van ’n plek waar alle Covid-19-kontrakte in ’n maandelikse verslag aangeteken word om deursigtigheid te verseker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.