Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril nie na VN, wil aandag gee aan kritieke kwessies tuis

Pres. Cyril Ramaphosa sal nie later vandeesmaand die 74ste algemene vergadering van die Verenigde Nasies (VN) in New York bywoon nie omdat hy eerder aan “kritieke kwessies” in Suid-Afrika aandag wil gee.

Pres. Cyril Ramaphosa toe hy verlede jaar die Verenigde Nasies in New York toegespreek het. Foto: Sarel van der Walt

Die president het dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, afgevaardig om die Suid-Afrikaanse afvaardiging van 23 tot 26 September na New York te lei.

Ramaphosa het verlede jaar die VN toegespreek en ’n leidende rol in die Nelson Mandela-vredesberaad gespeel wat die 73ste algemene vergadering van die VN voorafgegaan het.

Die presidensie het Donderdag in ’n verklaring gesê Ramaphosa het besluit om tuis te bly om aandag te gee aan belangrike kwessies waardeur die land in die gesig gestaar word. Dit sluit in die geslagsgeweld, openbare geweld, die herstel van reg en orde en die omkeer van die ekonomie.

Suid-Afrika, wat ’n niepermanente lid van die VN se veiligheidsraad is, is die laaste twee weke onder erge druk van veral Afrikalande oor die aanvalle op buitelanders.

Meer as tien mense is in die geweldpleging dood.

Die presidensie sê Ramaphosa sal oor die volgende dae en weke met verskeie gemeenskappe, die burgerlike samelewing en staatsdepartemente vergader om aandag te gee aan die bekommernisse van die publiek en ander kwessies. Die president sal saam met sy kabinetskollegas fokus op die inwerkingstelling van die planne wat hy in Junie in sy staatsrede aangekondig het.

“Dit is nou die tyd vir leiers om hul gemeenskappe te mobiliseer ter ondersteuning van ekonomiese vooruitgang en om die morele en maatskaplike verval in die samelewing te takel,” sê Ramaphosa.

“Die regering sal sy eie bydrae tot dié pogings versnel.”

Meer oor:  Vn  |  Dr. Naledi Pandor  |  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Geweld  |  Kwessies  |  Misdaadstatistiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.