Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril ontbied Zuma om te kom sê oor ‘komplot’

Pres. Cyril Ramaphosa gaan oud-pres. Jacob Zuma ontbied om vir die ANC se topses te verduidelik waaroor die geheimsinnige vergadering tussen hom en ander ANC-leiers in KwaZulu-Natal was.

Oudpres. Jacob Zuma en sy seun, Duduzane.

Die party soek antwoorde oor die beweerde komplot wat by die Maharani-hotel in Durban gesmee is om van Ramaphosa ontslae te raak. Luthuli-huis is nie vooraf oor die vergadering ingelig nie, al was die party se sekretaris-generaal, Ace Magashule, ook daar teenwoordig.

Ramaphosa gaan self die hoëvlakondersoek na die vergadering behartig. Die verwikkelinge word beskou as ’n teken dat Ramaphosa sy gesag begin afdwing in die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) van 90 lede.

“Hulle moet almal vir eens en vir altyd kom verduidelik. Ons moet hierdie ding nou afhandel,” sê iemand wat verlede naweek by die NUK-vergadering in Irene was. Zuma, Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, Meokgo Matuba, sekretaris-generaal van die ANC se vroueliga, en Thanduxolo Sabelo, leier van die ANC-jeugliga in KZN, sal almal na verwagting moet kom verduidelik.

’n Senior NUK-lid het gesê die meeste mense by die vergadering het gemeen dat die komplotkwessie dringend aandag moet kry, maar daar was diegene wat gesê het die beweringe is net ’n versinsel van die media.

“Daar is toe besluit die ANC se nasionale ampsdraers sal dit ondersoek en ’n verslag daaroor saamstel,” sê ’n ingeligte.

Snuki Zikalala, president van die ANC-veteraneliga, het aan City Press gesê die kwessie beïnvloed die stabiliteit in die land.

“Dit is belangrik dat ons met Zuma gaan sit sodat hy vir ons die waarheid vertel,” sê hy.

Magashule het reeds ontken dat hy deel van ’n komplot was, maar die jongste gebeure wys sy verduideliking is nie aanvaar nie. City Press het verneem selfs party van Zuma se grootste ondersteuners was ten gunste van die ondersoek.

Magashule het Maandag by ’n perskonferensie gesê hy en “kameraad Cyril” gaan nie toelaat dat enigeen ’n wig tussen hulle indryf nie. “Ons werk saam. Ons is verenig. Ons fokus nie op gerugte nie,” het hy gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa gaan sy voorganger ontbied om vir die ANC se top ses te verduidelik waaroor die onlangse geheimsinnige vergadering in KwaZulu-Natal.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Jacob Zuma  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.