Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril ontken onenigheid met Zuma in radio-onderhoud

Pres. Cyril Ramaphosa het ontken dat daar onenigheid tussen hom en oudpres. Jacob Zuma is.

Ramaphosa het Dinsdag in ’n onderhoud met Ukhozi FM gesê dat daar geen spanning tussen hom en Zuma is nie en dat hy dankbaar was vir Zuma se teenwoordigheid in Inanda, KwaZulu-Natal, waar Ramaphosa as deel van die ANC se 107de bestaansjaar opgetree het.

“Dit was ’n wonderlike ding dat Zuma daar was. Die gemeenskap was ook versot daarop en het gesien dat daar geen kwessies tussen ons is nie,” het Ramaphosa gesê.

“Joernaliste laat dit lyk asof ons nie met mekaar praat nie. Dit is soos wat ons vandag gesien het, ons kommunikeer met mekaar.”

Ramaphosa was vroeër Dinsdag teenwoordig by ’n kransleggingseremonie by die graf van die party se stigterspresident, eerw. John Langalibalele Dube by die Ohlange-instituut.

Ramaphosa het ook vroeër die dag by die Ohlange-stadion aan ’n groot skare ANC-ondersteuners gesê dat hy en Zuma goed oor die weg kom.

Joernaliste laat dit lyk asof ons nie met mekaar praat nie. Dit is soos wat ons vandag gesien het, ons kommunikeer met mekaar.

“Ek weet nie waar kry hulle dit (beweringe van spanning) vandaan nie, want daar is geen geskreeu op mekaar tussen my en Zuma nie,” het hy gesê.

Die Sunday Times het Sondag berig dat Ramaphosa Zuma gaan konfronteer oor sy verdelende uitsprake oor grondonteiening en oor die Zondo-kommissie na staatskaping.

Ramaphosa het toegegee dat daar ’n geskiedenis van faksiegevegte in die ANC is, maar het die party se volgelinge verseker dat die ANC in die proses is om dit te herstel.

“Die ANC het die vermoë om homself reg te ruk. Die ANC is soos die oseaan, hy het die vermoë om homself te reinig. Ons herstel die beweging, ons vra mense in die beweging om te verenig,” het hy gesê.

Op ’n vraag oor die ANC se kanse in die DA-beheerde Wes-Kaap met die verkiesing, het Ramaphosa gesê die ANC se steun is aan die toeneem.

“Ons sal op stemdag sien wat ons daar kan doen,” het hy gesê.

Meer oor:  Cyril Ramapahosa  |  Jacob Zuma  |  Politiek  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.