Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril oor OB: ‘Sy oortree self die Grondwet’

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), het sélf die Grondwet oortree deur bevindings teen hom te maak wat nie feitelik en regsgrondig is nie.

Só het pres. Cyril Ramaphosa Sondag by die Uniegebou in Pretoria gesê toe hy aangekondig het dat hy ’n dringende hersiening in die hof gaan aanvra van die OB se bevinding dat hy die etiese kode vir uitvoerende amptenare en die Grondwet oortree het.

“Dit moet ’n bron van kommer vir almal in Suid-Afrika wees dat iemand in ’n amp soos dié van die OB sulke bevindings teen ’n staatshoof kan maak.

“Dit is daarom noodsaaklik dat al haar bevindings gegrond is op feite, dat dit ’n goeie regsgrondslag het, dat dit rasioneel is en dat ’n regverdige, onpartydige en wettige proses gebruik is om daarby uit te kom.

“Ongelukkig skiet die verslag wat die OB uitgereik het, tekort en bly dit in gebreke om al die noodsaaklike vereistes na te kom.”

Ramaphosa het gesê hy het ná sorgvuldige studie van die verslag bepaal dat dit grondliggend en onherroeplik gebrekkig is en dat sy regsverteenwoordiger dié siening sterk beaam.

Hy het gesê die verslag bevat etlike feitelike onakkuraathede van ’n wesenlike aard.

Ramaphosa het gesê Mkhwebane se bevindings is gegrond op verkeerde wette, is irrasioneel en oorskry in sommige gevalle die omvang van die OB se magte.

“Voorts, deur in gebreke te bly om my die geleentheid te gee om kommentaar te lewer op die voorgestelde regstellende optrede, het die OB die bepalings van die Wet op die Openbare Beskermer, die Grondwet en die beginsels van ons gemenereg oortree,” het Ramaphosa gesê.

Hy het gesê dit is gepas dat howe ’n finale en onpartydige beslissing oor die saak maak.

“Ek het daarom besluit om ’n dringende regtelike hersiening te vra van die OB se verslag, die bevindinge daarin en die regstellende optrede.

“Ek het my regsverteenwoordiger opdrag gegee om dringend so ’n aansoek voor te berei.”

Ramaphosa het gesê hy het op die stap besluit nie net vanweë die reg wat die Grondwet hom as ’n persoon gee nie, “maar ook om die integriteit van my amp te beskerm”.

Sy besluit moenie beskou word as kommentaar op die persoon in die OB-amp of haar bevoegdheid of motiewe nie, het hy gesê.

“Ek doen die stappe vanweë die duidelike oortuiging dat die president van die land nie bo die reg verhewe is nie, maar so ook nie die OB van die land nie.

“Die OB is net soos die president gebonde aan die reg en verantwoordbaar aan die bepalings van ons Grondwet.”

Prof. Bheki Mngomezulu, ’n politieke ontleder aan die Universiteit van die Wes-Kaap, beskryf die komende regstryd as “ ’n geveg tussen twee olifante . . . en die gras wat daaronder gaan ly, is die publiek. Selfs nog voordat die OB-verslag bekend was, het faksies in die ANC hulle reeds geposisioneer en die alliansie is uitmekaargeskeur.”

Die openbare beskermer (OB) is vol vertroue dat haar bevindings oor pres. Cyril Ramaphosa se R500 000-skenking op feite gegrond is, gewortel is in die suiwer toepassing van die wet en dat dit die rasionaliteitstoets sal slaag.

Die verslag is die gevolg van ’n onafhanklike en onpartydige proses en sy het geen twyfel nie dat sy haar magte sonder vrees, begunstiging en vooroordeel beoefen het nie.

'Die president se volste reg'

Die openbare beskermer (OB) is vol vertroue dat haar bevindings oor pres. Cyril Ramaphosa se R500 000-skenking op feite gegrond is, gewortel is in die suiwer toepassing van die wet en dat dit die rasionaliteitstoets sal slaag.

Die verslag is die gevolg van ’n onafhanklike en onpartydige proses en sy het geen twyfel nie dat sy haar magte sonder vrees, begunstiging en vooroordeel beoefen het nie.

Mkhwebane het in ’n verklaring gesê dat sy die president se aankondiging om die hof te nader, verwelkom, en benadruk dat dit sy volste reg is om dit te doen.

Sy het politieke partye en burgerlike organisasies gemaan om nie uitlatings te maak wat met haar amp inmeng nie en gesê dis ’n strafbare oortreding.

Meer oor:  Busi­Siwe Mkhwebane  |  Ramaphosa  |  Cyril  |  Ob  |  Ob T. Ramaphosa  |  Cr17-Veldtog  |  Skenking  |  Bosasa  |  Ramaphosa-Ob-Verslag  |  Cr17
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.