Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
FOTO'S: Cyril hartlik in Frankryk verwelkom

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag ná sy aankoms in die Franse hoofstad, Parys, vir pres. Emmanuel Macron se Beraad oor die Finansiering van Afrika-ekonomieë bilaterale gesprekke met verskeie van sy ampsgenote in Afrika gehad.

Hy het eerste ’n afspraak met die Demokratiese Republiek se pres. Félix Tshisekedi, voorsitter van die Afrika-Unie (AU), gehad. Ramaphosa was voor Tshisekedi die AU-voorsitter.

Daarna het hy ook met Angola se pres. João Lourenço, pres. Alassane Ouattara van die Ivoorkus en Senegal se pres. Macky Sall gepraat.

Hulle het Maandagaand Macron se amptelike verwelkomingsdinee in die Élysée-paleis bywoon.

cyril, macron
Pres. Emmanuel Macron van Frankryk verwelkom pres. Cyril Ramaphosa Maandag by die Élysée-paleis in Parys. Foto: Reuters
cyril, macron
Macron het gasheer gespeel op 'n dinee by die paleis op die vooraand van die beraad. Foto: Reuters

Benewens die Afrika-leiers wat die beraad bywoon, sal die hoofde van groot internasionale finansieringsinstellings, soos die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), die Wêreldbank en die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (Oeso), Dinsdag die beraad bywoon. Verteenwoordigers van die G7- en G20-lande sal ook daar wees.

Op die beraad sal daar onder meer gepraat word oor skuldverligting vir die vasteland en hulp van die IMF.

Pres. Cyil Ramaphosa (links) Maandagoggend met sy aankoms op die Orly-lughawe buite Parys vir ’n beraad van die Franse regering oor die finansiering van Afrika-ekonomieë. Regs is dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking. Foto: Presidensie

Die presidensie het Maandag in ’n verklaring gesê daar sal ook gesprek gevoer word oor hoe die private sektor op die vasteland van kapitaal voorsien kan word om beleggings te ondersteun wat die katalisator vir inklusiewe ekonomiese groei in Afrika kan wees.

Die Wêreldbank het vroeër reeds $14 miljard beskikbaar gestel as Covid-19-finansiersing, terwyl die Afrika-Ontwikkelingsbank $10 miljard bygedra het tot ’n koronavirus-reaksiefasiliteit vir die vasteland.

Meer oor:  Emmanuel Macron  |  Cyril Ramaphosa  |  Parys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.