SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril reg oor dwangarbeid vir dié misdadigers – VF Plus-leier

’n Dag nadat die DA pres. Cyril Ramaphosa oor die kole gehaal het oor sy opmerking dat misdadigers wat hulle skuldig maak aan geslagsgeweld in die tronk dwangarbeid moet doen, het die VF Plus sy steun aan dié idee toegesê.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê dié party steun nog altyd die idee van dwangarbeid vir gevangenes, en veral vir dié wat aan ernstiger misdade skuldig bevind is.

Ramaphosa het Sondag op ’n besoek aan die familie van die 21-jarige student Precious Ramabulana, wat

wreedaardig in Mokomene in Limpopo vermoor is, gesê diegene wat skuldig bevind word aan geweld teen

vroue en kinders moet lewenslank tronk toe gaan en aan dwangarbeid onderwerp word.

“Hulle moenie in die tronk wees om die lewe daar te geniet nie. Hulle moet blootgestel word aan

dwangarbeid – die strafste vorm van arbeid in ’n tronk,” het die president gesê.

Die DA het Ramaphosa daarvoor gekritiseer en gesê dit is strydig met die Grondwet.

Groenewald sê die VF Plus wil hê alle geharde misdadigers wat ernstige oortredings begaan soos moord, verkragting en gewapende roof, moenie in die tronk wees om die lewe daar te geniet nie.

“Hulle moet dwangarbeid doen soos om onder meer hul eie kos te produseer sodat die belastingbetaler nie boonop hoef te betaal vir duisende gewetenlose misdadigers se sorgelose verblyf in die gevangenis nie.

“Ander voorsorgmaatreëls, soos ’n volledige register vir seksoortreders, is wel belangrik, maar nog belangriker is dat ’n gevangenis ’n plek moet wees wat vrees inboesem en waar ware rehabilitasie kan plaasvind,” het die VF Plus-leier Dinsdag in ’n verklaring gesê.

“Dit gebeur te veel dat persone wat ernstige misdade pleeg, dieselfde soort misdaad herhaal nadat hulle vrygelaat is. Dit skep ten regte die indruk dat gevangenisstraf geen doel as afskrikmiddel dien nie.

“Die VF Plus sal enige sinvolle en werkbare voorstel steun om strawwe arbeidsmaatreëls vir sekere kategorieë van gevangenes ingestel te kry,” sê Groenewald.

Meer oor:  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Dwangarbeid  |  Misdadigers  |  Vf Plus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.