Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril sal in April voor Zondo getuig

Regter Raymond Zondo het pas bevestig dat pres. Cyril Ramaphosa op 22 en 23 April, asook op 28 en 29 April voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping sal verskyn.

“Ek is ingelig dat pres. Ramaphosa die afvaardiging van die ANC lei wat op 22 en 23 April voor die kommissie sal verskyn,” het Zondo gesê.

Hy het bevestig dat Ramaphosa op 28 en 29 April in sy hoedanigheid as die land se president sal verskyn.

Soos vroeër berig, wil die ANC met dié verskyning sekere sake oor die party en die “evolusie van die land se politieke ekonomie en die postapartheidstaat” uitklaar.

AfriForum het aangedui dat hy aansoek wil doen om Ramaphosa te ondervra oor sy rol as voorsitter van die ANC se ontplooiingskomitee van 2013 tot 2016.

John Steenhuisen, DA-leier, het reeds vrae oor Ramaphosa se rol as voorsitter van dié komitee aan die Zondo-kommissie gestuur.

Meer oor:  Cyril Ramapahosa  |  Raymond Zondo  |  Staatskaping  |  Zondo  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.