Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril se twiet oor verblyf vir plesier toe ’n ou foutjie
Cyril Ramaphosa
Cyril Ramaphosa

’n Plasing Vrydagaand op pres. Cyril Ramaphosa se amptelike Twitter-rekening oor regulasies wat dit laat lyk het of vakansieverblyf heropen, het groot verwarring in die toerismebedryf veroorsaak.

Die twiet is Vrydagaand om 18:39 geplaas, wat regulasies van vlak 3-inperkings ingesluit het.

In die grafika was daar inligting oor hoe gastehuise en hotelle hul deure vir vakansiegangers kan oopmaak, maar Saterdagoggend was dit nie meer daar nie.

In ’n twiet Saterdagmiddag om 12:03 het daar gestaan dat daar ’n “fout in die vorige grafika” was. In dié twiet is dit baie duidelik uitgespel dat verblyf net verskaf kan word vir mense wat vir werksdoeleindes reis en geldige permitte het.

Ramaphosa het in ’n aankondiging in Junie gesê dat mense in hul eie provinsie vir plesier mag reis en in hotelle en gastehuise mag oorbly. Kort daarna het Mmamoloko Kybayi-Ngubane, minister van toerisme, in teenstelling met Ramaphosa, gesê net dagreise is toelaatbaar.

Business Insider berig Tshifhiwa Tshivhengwa, uitvoerende hoof van die Toerismesakeraad van Suid-Afrika, sê die plasing wat verwyder is, bevestig weer eens hoe die bedryf die regulasies geïnterpreteer het.

“Ons het nog die heeltyd geglo dat verblyf toegelaat word vir mense wat in hul provinsie vir plesier reis.”

’n Woordvoerder van die president se kantoor het gesê daar is nie so nuwe regulasie nie en dat verblyf net vir sakereisigers en noodwerkers verskaf mag word.

Die Wes-Kaapse regering se blydskap oor Vrydagaand se aankondiging blyk toe om van korte duur te wees. “Dit beteken dat families wat in dieselfde provinsie woon vir ’n naweek na hul gunstelingplekke kan wegbreek,” het David Maynier, LUR van finansies en ekonomiese geleenthede, gesê.– Linkie Bessinger

Meer oor:  David Maynier  |  Cyril Ramaphosa  |  Toerisme  |  Verblyf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.